Ontploffing het brandbestryders in gebou vasgekeer

Argieffoto

Argieffoto

Die twee brandbestryders wat vroeg Sondagoggend dood is in ʼn brand in ʼn gebou in die Johannesburgse middestad, was weens ʼn ontploffing in die gebou vasgekeer.

Volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het ʼn transformator moontlik die brand veroorsaak. “Die brand het in die kelderverdieping uitgebreek. In die proses was daar ʼn ontploffing en is twee brandbestryders vasgekeer.”

Mulaudzi het gesê ʼn reddingspan is in die brandende kantoorgebou ingestuur. Die twee brandbestryders het egter te veel rook ingeasem en is op die toneel dood verklaar. “Nog ʼn brandbestryder is in die Garden City-kliniek opgeneem vir rookinaseming.” ʼn Brandbestryder is ook op die toneel behandel.

“Ons het twee brawe brandbestryders verloor wat tot die veiligheid van die stad bygedra het. Ons werk is nie van 9 tot 5 nie, maar ʼn roeping. Ons hoop net dat God vir ons die nodige krag sal gee,” het Mulaudzi gesê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Word hulle nie van suurstof en suurstofmaskers voorsien as hulle in sulke rookgevulde geboue moet ingaan nie?

Carel ·

Hulle dra asemhalingsaparaat met saamgeperste lug in. Dit kon moontlik klaar geraak het in indien hulle vasgekeer was. Was Self ‘n Brandweerman gewees.

Carel ·

Maroela, die korrekte woord is “Brandweerman” en nie “Brandbestryder” nie. ‘n Brandbestryder is iemand wat ‘n veldbrand met ‘n boomtak slaan om dit te blus……. ;-)

SNEL ·

Dis hartseer dat twee dapper mans wat hulle lewens op die spel gesit het vir ander, nou hulle lewe so moes verloor. Baie sterkte aan die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.