Ontploffing: Ingenieurs, geoloë moet help soek na antwoorde

(Foto: @SaxXaba/Twitter)

Die minister van openbare werke en infrastruktuur het die raad vir die boubedryf gevra om ingenieurs, geoloë en ander spesialiste se hulp in te roep sodat hulle ook die oorsaak van vandeesweek se ontploffing in Johannesburg kan help ondersoek.

Dit is byna 48 uur later en daar is steeds geen klinkklare antwoorde oor wat dié ontploffing in Breestraat in die middestad veroorsaak het nie.

Min. Sihle Zikalala sê hy het die raad gevra om kenners te mobiliseer sodat hulle die Johannesburg-metro kan bystaan in pogings om “normaliteit te herstel, lede van die publiek te beskerm en infrastruktuur te herbou”.

Maroela Media het vroeër berig die departement van arbeid se ondersoekspan het sedert die ontploffing reeds al die maatskappye wat enige soort ondergrondse pypleiding of kabel in die gebied het, onder meer Egoli Gas en Sasol, na die toneel ontbied om met die ondersoek te help.

Die maatskappye kon tot dusver geen antwoorde gee nie.

Daar kon wel vasgestel word dat drie aansluitkaste, oftewel mangate, tot die ontploffing bygedra het. Die ontploffing het vermoedelik deur hierdie mangate gekom.

KBVA se kantore in middestad nog gesluit

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het weens die ontploffing besluit om sy streekskantoor in Foxstraat in Marshalltown Vrydag te sluit. Die kantoor sal Maandag weer oopgestel word.

Sake wat veronderstel was om vandag by dié kantoor aangehoor te word, sal herskeduleer word.

Die KVBA sê dié besluit is bloot ’n veiligheidsmaatreël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Theuns ·

Te arrogant met giggelende anty sofy wat show oorvat! Zuma 2 met gegiggel

B-Man ·

Wat gaan geoloë weet. Hulle bekommer hulle nie met die eerste 10 m onder die oppervlak nie. Ingenieurs is die beste!!! Veral siviel.

Jacobus ·

Kry ook vir Denel wat oa op ontploffings resultate spesialiseer. Net twee kandidate: kommersiële plofstof of metaan. Metaan ontsettend vernietigend in ‘n kritieke verhouding met suurstof. Metaan kan afkomstig wees uit die Witwaters Rand gesteentes. Of ‘n produk van riool ontbinding. Of ‘n kombinasie van plofstof en metaan ( Zama Zamas dalk nie vergesog nie).

Theuns ·

Die “Comedy show” sal.nog maande en dalk jare sloer! Daar is baie wat moet “Eet” as konsultante en “kenners”.
Parlemfnt na 19 maande nog nie EEN STEEN herbou nie!
Cadre onbevoegdheid on display!!
Waar is die “BTILJANTE” burgemeester se mondelingse verklaring?
Lyk soos verskrikte hasie langs grootbek anty sofy!

Maria. M. ·

Groot sirkus, en die ringmeesters sit terug! Hoekom is ek nie verbaas.

marius ·

Metaan gas agv riool wat nie vloei nie . Dit sal hulle nie erken nie .

Charles ·

Verskoon my leke vraag, maar sou dit nie n verskriklike stank afgee nie?

Harley Davidson ·

Kry die regte mynbou kundiges in om die probleem spoedig te identifiseer en reg te stel.

Elize ·

Was daar ooit enige instandhouding gedoen of los ons maar net alles totdat daar iets breek/ontplof?
Nes Eskom. Solank dit werk eet ons die geld wat dit moet regmaak. Gebeur daar iets is ons geskok en moet rondskarrel.

Gert ·

Daar was geen vlam gewees nie. Dit laat mens nogal wonder watse ander krag so iets kan uitoefen. Ek moet erken dat ek al gebid het vir taxis wat stilstaan voor my uit die pad te laat beweeg, maar die is so bietjie extreme.

Sarel ·

Herstelwerk????
Ons kan seker klaar maak vir ongeveer 10jr + paar
Miljard Rand…en dan bring hulle die Potholes ook terug

Peetjie ·

Dit gaan verseker nie binnekort herstel kan word nie,want die R21 en N1 se herstelwerk sloer al langer as 2jaar? Die kundigheid om herstelwerk te doen is net nie daar nie.. en dan praat ek nie van die N4 en pad van Hazeyview na Sabie wat weggespoel het na die reen nie…

Johan ·

Jaag vir 30jaar kundigheid met n stok weg, en dan skielik moet kundigheid “gemobiliseer” word….moenie veel verwag nie, want hulle gaan jou waarskynlik ook nie betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.