Ontploffing lei tot gifwolk oor Pta-buurt

Argieffoto: drive-awayspecialist.com

Argieffoto: drive-awayspecialist.com

Talle mense moes Donderdag hul werkplekke in die ooste van Pretoria ontruim nadat ʼn ontploffing ʼn giftige gaswolk veroorsaak het.

Kapt. Koba Brits, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ʼn chemiese ontploffing het omstreeks 10:20 by die AgChem-chemiese aanleg in Mundtstraat in die nywerheidsgebied van Waltloo plaasgevind.

“Na wat verneem word was hulle besig om salpetersuur te meng toe ʼn ontploffing plaasgevind het, waarna groot geel rookwolk in die fabriek vrygestel is,” het sy gesê.

Die Tshwane-nooddienste was byderhand om te verseker dat almal uit die aanleg en omliggende fabrieke verwyder is aangesien die rook “uiters giftig” is.

Dit is nog nie bekend of daar enige beserings of lewensverlies is nie aangesien die gebied afgesper is en dit nog nie veilig verklaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bekommerd ·

Watter woongebiede word als werklik geraak, veral as die windrigting in ag geneem word?

Ek wonder ·

Hoeveel km radius word geraak. Ons woon nàby en my dogter ervaar benoudheid, maar is asmaties en het medikasie. Moet ons bekommerd wees?

Wern ·

Eugene en die DA mense, julle is nou in beheer en hierdie is n munisipale saak en n belangrike een daarby, so laat die mense weet.

TJVR ·

Mense, daar is geen rede om bekommerd te wees nie, die insident is nie akkuraat aan die Media deur gegee nie. Die fabriek is ontruim as ‘n protokol aksie. Alles is terug na normaal, niemand het seer gekry nie, en die gas wolk is allenlik nadelig na volhoude blootstelling.

Engela de Klerk ·

Twintig jaar van nou het VELE kanker agv hierdie toksiese blootstelling!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.