‘Ontplooi polisie by skole’ – LUR

Eugene Tshililo (Foto: Facebook)

Die LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het Woensdag tydens sy besoek aan die Faranani Primary School in Protea Glen, Soweto, daarop klem gelê dat skole hul eie polisiebeamptes moet hê wat soggens en saans sigbaar is.

Dit volg nadat ʼn pa Dinsdag buite dié skool doodgeskiet is toe hy glo ʼn voertuigkaping probeer keer het.

Die pa is as die 34-jarige Eugene Tshililo geïdentifiseer.

Volgens Chiloane moet veiligheid by skole dringend opgeskerp word, hetsy polisiebeamptes wat by skole patrolleer of mobiele polisiestasies wat naby skole opgerig word.

“Indien daar nie ʼn polisiestasie naby ʼn skool in sig is nie, moet mobiele polisiestasies in ʼn minimum radius van een kilometer van die skool opgerig word,” het Chiloane gesê.

“Patrollies alleen is nie meer genoeg nie.”

Die LUR gaan versoek dat ʼn deel van die 6 000 nuwe polisiebeamptes wat in Gauteng gewerf gaan word, by skole ontplooi word.

“Ek gaan vra dat die beamptes soggens en saans in ons skole gestasioneer word.”

LUR vir onderwys, Matome Chiloane, se besoek aan Faranani Primary School in Protea Glen, Soweto (Foto: Gauteng departement of education, Twitter)

Volgens Phelelani Sidani, wyksraadslid in Protea Glen, moet die gemeenskap terugveg teen misdaad, veral in ’n hoërisikogebied soos dié buurt.

Sidani het gepleit vir ʼn volwaardige polisiestasie in die buurt, wat tans net oor ʼn mobiele polisiestasie beskik.

Chiloane het sy medelye aan Tshililo se familie betuig.

“Die pyn en trauma wat die kind ná sy pa se dood moet ervaar, is onbeskryflik.”

Hy het aangedui dat die departement beradingsdienste aan leerders en onderwysers van die skool sal bied.

“Die leerders en onderwysers voel nie veilig nie.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep verdagtes het Dinsdag omstreeks 14:00 glo ʼn voertuig wat leerlinge by die skool gaan afhaal, probeer kaap. Tshililo het na wat verneem word, probeer om die kaping te keer en is deur een van die verdagtes doodgeskiet.

Die voorval het voor die skool se hoofhek plaasgevind, ten aanskoue van leerlinge en personeel. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Sarel ·

Die Regerimg se Laksheid teenoor Misdaad moet eerder lankal aangespreek gewees het.

007 ·

Wat gaan dit help? Hulle kan nie eers hulle werk op stasievlak doen nie. Ek praat nie van die paar of min polisie manne wat wel hulle werk doen nie. Kyk hoe gaan dit in die townships?

Simoné ·

Niemand voel veilig nie! Die polisie stasies en sekere beamptes help dan nie nou eers nie, so wat gaan nog stasies (leegelê plekke) help? Oortreders word net dood eenvoudig nie vervolg nie, daarom maak hulle nes hulle lus kry.

Swerwer ·

Ag asseblief. Geen sigbare polisiëring kan in elk geval hierdie kommunistiese rigering en hul aanhangsels in beheer hou nie. Mag die 3de Wêreldoorlog uitbreek en verby kom dan sal daar weer ewewig wees en die kommunis op sy plek gesit wees.

My siening ·

Dit gaan hulle nader aan niks bring. Hulle roof die polisie dan! Polisie is geen afskrik middel nie, ek leer my kinders om te hardloop as daar n polisie man naby is, gelukkig kan n 6 jarige hulle weg hardloop. KFC COPS!

Zoey ·

Jy leer jou kinders om weg te hardloop as daar ‘n polisie man naby is. Ook maar lekker stupid. Hoop jou kinders word nooit die slagoffers van misdaad nie, want as daar ‘n polisie man naby is wat sou kon help, sal dit jou skuld wees as hulle iets oorkom.

Elize ·

En waar gaan julle skielik al die polisiemanne vandaan kry?

Trotse Boervrou ·

Dit sal seker een van die min lande ter wêreld wees wat polisie by sekere skole moet ontplooi. Een van die dae sal hul in elke klas ook een moet ontplooi om onderwysers te beskerm. “Iemand” het liederlik gefaal en anargie is aan die orde van die dag maar shut up moet ons shut up!!!! Blerrie sirkus!

Hannes ·

“Indien daar nie ʼn polisiestasie naby ʼn skool in sig is nie, moet mobiele polisiestasies in ʼn minimum radius van een kilometer van die skool opgerig word,” En wat gaan dit help, dit vat 1 sekonde om iemand te skiet, dit vat die Polisie 4-ure om op te daag. As die ou so begin gaan ons nog baie sports sien in onderwys.

AW ·

Ja Nee,

Die Polisie, is NOU, Dié “Alfa en Omega”;

Nou wonder ekke, waar will hy, Daardie polisie vandaan kry ????

Patch ·

Die polisie kan nie eers behoorlik hulle normale dag-tot-dag take uitvoer nie, nou moet hulle gaan wagstaan by skole….

Miena ·

Dalk is dit n goeie ding – dan kan hulle weer van klas loop en begin reg lees en spel vir wanneer daar n dossier geopen word en affidavits afgeneem word…

Anel ·

Bitter min van hulle kan lees en skryf, wst nog van verstaanbare engels praat!

Kosie ·

As julle begin julle werk doen en skelms oor die algemeen vang sal daar nie polisie by skole nodig wees nie, begin sommer by jou gee solank al jou skelm kaders oor aan die polisie dan is 50% van die grootste skelms in die tronk. Maar nee julle is eerder bly as die skelm van skelms op mediese parool gesit word al makeer hy minder as 90% van werkende eerlikke Suid Afrikaners.

Aai ·

Rerig nou wie gaan die werk buite doen as van hulle aanle by leerders?

Harley Davidson ·

Die polisie is n totale mors van belasting geld ,die sekuriteits maatskappye is beter as die klomp so kry sekuriteits maar om skole te beveilig

Hennie ·

Is hierdie nuwe swaap lekker in sy kop? Bring DISSIPLINE terug in ons skole jou slapg*t swartgallige mislukking!

Danie ·

En wat van mobiele stasies naby boere?Daar is baie erger misdaad op plase as by skole waar dit slegs met dissipline gehanteer kan word.Die vraag is hoekom dit so by skole gaan?????

marius ·

Die patetiese regstelsel is die oorsaak van hierdie gemors . As polisie by skole ontplooi word , dring ons daarop aan dat daar 24/7 voor elke huis ook moet wees . Sommer 20 per plaas ook .

domheks ·

Die nuwe besem probeer hard! As daar polisie by elke skool moet wees, wat dan van al die plaasmoorde? Dan moet hulle vir elke plaas distrik ook polisie toeken. Vra vir hoed hoekom misdaad so hand uit ruk!

Anel ·

Ons seun was by ‘n sekuriteitmaatskappy. Hy is ‘n hondegeleider. Hy word aan gesê om by ‘n sekere swart skool wat in ‘n blanke gebied is te staan. Die eerste oggend word hy geskel en sleg gesê deur die kinders. Hulle kom tot na 8:00 aan gedrentel. Die onderwysers sukkel. Hy vra toe of hy van die volgende oggend kan help. So, die volgende oggend het hy net sy hind uit gehaal en die laat blaf. Binne minute was die lot in die skool. Later, 7:30 was niemand meer op straat nie. Middae dieselfde. Waar hulle die mense se sypaadjies bemors het, was hulle gou in die taxis en weg. Net een man en een hond. Die polisie stadie word beroof, hoe wil hulle skole beveilig? Wat van ons plase? Gee bietjie van die regering se sekuriteit weg en dan kyk ons wst gebeur! Daar is in elke geval nie genoeg polisiebeamptes op by elke skool te wees nie. Wat word dan van regte misdaad? Cele en kue, julle het nie idee wat julle doen nie!

Jakkie ·

Die slagspreuk :” no education before liberation.” het alle gesag afgebreek. Daar heers wetteloosheid en alle respek vir onderwysers en ander gesagsfigure is ondermyn en nou sit ons met die gebakte pere……

AndrewL ·

Maroela Media het my kommentaar op hierdie saak geskrap.

Laat ek nou maar nog meer polities korrek probeer wees.

Hoekom moet die polisie altyd ingeroep word om ander se probleme op te los? Daar is in die VSA wel universiteits- en skool polisie.

Maar om te verwag dat polisiestasies gebou moet word om in te val waar skole gebou word? Hoeveel hulpbronne moet nog van die publiek weggeneem word?

Die polisielede kan baie beter aangewend word om misdaad te voorkom in die woongebiede, eerdaer as net by skole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.