Ontslag van juffrou wat gr. R-kind klap, verwelkom

In die kort video wat wyd op sosiale media versprei word, wys dit hoe die leerder huil en neul terwyl die onderwyseres hom verwoed op die kop klap (Foto: Skermskoot uit video)

Die onderwyseres van die Nchuncheko Primary School in Soshanguve, Pretoria-Noord, wat verlede week ʼn gr. R-leerder geklap het, is ontslaan. Dit volg nadat dié onderwyseres eers met onmiddellike inwerkingtreding geskors en toe dissiplinêr verhoor is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op sosiale media uitgebreek nadat ʼn video aan die lig gekom het waarin dié onderwyseres ʼn gr. R-leerder geklap het. Die kort video wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe die leerder huil en kerm terwyl die onderwyseres hom verwoed op die kop klap.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die departement verwelkom die onderwyseres se ontslag.

“Ons kan bevestig dat ʼn dissiplinêre proses Maandag plaasgevind het en dat die uitspraak die onmiddellike afdanking van die gr. R-praktisyn behels,” bevestig Mabona.

Die uitslag van die tugverhoor is vandag (Dinsdag) aan die onderwyseres beteken.

“Die departement staan ten volle agter die skool se besluit om die onderwyseres te ontslaan om sodoende ʼn sterk boodskap uit te stuur dat geweld nie as ʼn dissiplinêre maatreël gebruik mag word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Phil ·

Ek dink nou hoe die onderwysers ons as kinders bygedam het vir bykans al ons skooljare, en dan as ons by ons ouers gekla het kry ons weer pakslae.
Al daai slegte onderwysers het daarmee weggekom. Dit was kindermishandeling!

Strandloper ·

Mmmmm…Dit het ons dissipline en respek geleer. Kan dit nie van die jonger geslag se nie.

Cindy ·

weet nie in watse skool was jy waar jy “begedam” is nie. Ons het wel pak gekry maar NIEMAND het die reg om ‘n kind so teen die kop te slaan nie! Sy kan bitter bly wees dis nie my kind nie

Phil ·

Ek het skool gegaan in die Vaal Driehoek, in die 80’s. Ek kan duidelik onthou hoe die onderwysers ons gegooi het met bord uitveers, geslaan het met enigiets binne bereik, my wiskunde onderwyser op laerskool het ‘n spesiale straf gehad.. hy het ons geknyp daar op jou bo-arm waar die spier teen die been vasheg.. dit was vreeslik seer en het my wiskunde laat haat.. op hoerskool het een van die mans onderwysers in ‘n donker hoekie geskuil en enige seun wie se hare te lank was aan die hare gegryp en na sy kantoor gesleep vir ‘n pakslae met ‘n plank op die boude.. daar is baie meer sulke gevalle in my geheue.. as jy kla was jy ‘n swakkeling en die ander kinders het jou geboelie.. soos ek se.. hulle is almal lankal weg en het met al daai vreeslike dinge weggekom

Raakvatter ·

Ons het ook gereeld pak gekry. Op die bas, met ‘n lat. Nie ooit elders enige ander plek op die liggam nie. Jy slaan nie iemand (wat nog van ‘n kind) teen die kop nie.

fs ·

Daar is ‘n verskil tussen ‘n paar houe op die boud of ‘n hou op hand (vir girls) teenoor die aanranding wat hierdie vrou gepleeg het….sy kan baaiiiieee bly wees dis nie my kind nie… sy sou nie die verhoor kon bywoon…..

Prontuit ·

Dis van te min of geen pakslae wat die kinders geen respek het vandag nie, maar dis waarvoor mens boude het, ‘n mens slaan ni ‘n kind teen die kop nie! Dis onaanvaarbaar

Erika ·

JY DISIPLINEER NIE N KIND DEUR HOM OP SY KOP TE KLAP NIE -DIT IS MISHANDELING.

fs ·

sy sou dit nie gemaak het tot in die hof as dit my kind was….

Nico ·

Waar val uit ‘n boom uit, lyfstraf is deur jou regering verbied en nou kom jy en klap dieGraad R kind teen kop, dis reg daar moes nie eers ‘n verhoor gewees het nie.

Connie ·

Kyk, toe ek in die skool was het ons pak gekry, maar op ons boude of hande. Jy slaan nie n kind teen sy kop nie. Ek is dankbaar vir dit, want ons is maniere en respek in geslaan, maar op die regte manier en tyd. As dit my kind was …………….., punt. Hoop die ouers maak n saak teen haar, dink hulle kan alles reg slaan of afbreek.

Cecilia ·

Ek stem. N kind het boudjies om hom/haar te straf. Kopklappe is onaanvaarbaar.

Maar kyk uit d Juf se oogpunt. Sy sit met 40+ kinders in haar klas. Miskien was d kind n klein rebelletjie wat d juf getart het. N mens is n mens. Jy kan net soveel vat.

So moenie oordeel vooŕdat al 2 kante vd saak nie gestel is nie.

En woe het d opname gemaak? N 6 jarige kind? Wat soek hul met selffone by d skool?

Jack ·

Gekyk na die absolute gebrek aan disipline by alle skool kinders en vergeleke met die van 30’jaar gelede wonder ek of die medisyne nie weer moet terugkom nie. Kinders word nou vir die onderwysers n nagmerrie en die daad bewys dit bloot. Die wat die daad net veroordeel moet gerus skoene ruil met onderwysers.

ES ·

Nou wanneer gaan sy krimineel vervolg word?

Ouers mag nie hul kinders tugtig nie, maar sy kan ‘n kind aanrand en word net afgedank? Skokkend.

Johan ·

Vandag se kinders is so onbeskof, ongemanierd, geen wonder…

As ons pakgekry het by die skool en my Pa hoor daarvan, dan was dit maar weer so.

jzjz05 ·

Wonder net wat het die leerling gedoen om die behandeling te verdien .oë,ja seker net daar gesit en niks gedoen nie ,engeltjie self

fs ·

Daai is aanranding met die intensie om ernstig te beseer – ek vertrou die ouers sal ‘n strafregtelike saak maak

Marcello ·

My kind was in 1991 in ‘n laerskool in George, die juffrou het haar teen die kop geklap, ek het die skoolhoof gaan sien, en sy antwoord aan my was: Nee, hy glo dit nie, en sy onderwyseresse sal dit nie doen nie, , en niks verder daaraan gedoen nie. Dit het gemaak dat my kind haar hele skoolloopbaan gehaat het.

Patch ·

Ek stem vir lyfstraf by skole op die regte manier en regte tyd. Maar om enige kind teen die kop te klap is onaanvaarbaar. Ons was 30/35 jaar gelede bang vir onderwysers se straf en dan as jou ouers moet uitvind het jou agterend weer gebrand. My wiskunde juffrou in std. 7 het ons met ‘n bordpasser op die hand geslaan en in die winter was die brand 10 keer erger. Moet sê sy was ook die oorsaak dat ek Wiskunde gehaat het en toe ons (daardie tyd) nog ‘n keuse gehad het om dit te neem, was dit die eerste vak wat ek gelos het. Ons tik-juffrou van std 6 en 7 het ons weer met die rand van ‘n liniaal op jou vingers geslaan as jy op jou hande gekyk het terwyl jy tik. Dis hoekom tik die tweede vak was vat gewaai het einde std 7. Onnies kon jou daardie tyd maak of breek.

Ansie ·

Sy moet strafregtelik aangekla word vir aanranding ook. Skorsing en ontslag alleen is nie goed genoeg nie.

Magda G ·

Haar naam moet gemeld word. As dit andersom was, was die onderwyser/es se naam genoem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.