Ontsnapping: Twee op vrye voet, een dood

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga het ’n soektog van stapel gestuur ná twee mans uit die Machadodorp-polisiestasie ontsnap het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het omstreeks 18:30 inspeksie by die aanhoudingselle gedoen toe hulle deur drie verdagtes oorrompel is.

Volgens Hlathi het daar ’n struweling tussen die beamptes en verdagtes ontstaan en het die verdagtes die beamptes se vuurwapens probeer afneem. Een van die verdagtes in die proses geskiet. Sy liggaam is later langs die heining om die polisiestasie aangetref.

Die ander twee verdagtes, Themba Andries Nkosi (21) en Sibusiso Lusenga (25), kon daarin slaag om te ontsnap. Hulle is met een van die polisiebeamptes se amptelike vuurwapens vort.

Nkosi en Lusenga was in aanhouding op aanklagte van roof, ontvoering en aanranding. Volgens Hlathi is ’n ondersoek van stapel gestuur na die omstandighede rondom die ontsnapping.

Enigiemand wat weet waar Nkosi of Lusenga hulle bevind, word versoek om ao. Karel Mare te kontak by 082 798 0758 of Crime Stop by 08600 10111.

Die identikits van die verdagtes is deur die polisie uitgereik:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johannes van Staden ·

Ou storie die …natuurlik iemand n geldjie gegee ….so voorspelbaar …en weer gaan daar geen gevolge wees vir die polisie onder wie se toesig die skelms was …OU STORIE VAN SA !

snoefie ·

was daar net drie persone in aanhouding? kan sulke onbevoegde mense on die sapd geduld word? word daar tugstappe teen hulle geneem?

Identikit ·

“Identikits is deur die polisie uitgereik”. Vir my lyk dit na foto’s van hulle in die berig.

ken benoni ·

Hulle is maar net uit op parool!
Iets ruik nie aangenaam nie!

janneman ·

Daar skort iets in Machadadorp, hierdie is al die soveelste ontsnapping uit daardie plek………

Magda ·

Jy mag nie die selle besoek met ‘n vuurwapen nie!!!!!!!!!!!!! Dis hoe ek geleer was en dis ons dit gedoen het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.