Ontsnapte by vriendin se huis opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Die laaste van die drie verhoorafwagtende gevangenes wat in Augustus uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap het, is Sondag by sy vriendin se huis in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Bethuel Simango (28) het op 28 Augustus saam met Ike Julingo Ngobeni (29) en Muye Makgopa (26) ontsnap nadat hulle die ogiesdraad van die oefenkamer in die polisiestasie oopgesny het. Ngobeni en Makgopa is kort daarna in die plattelandse gebied van Letsitele in hegtenis geneem.

“Die spesiale taakspan [wat saamgestel is om na die mans te soek] was sedertdien op Simango se spoor totdat hy gister by sy vriendin se huis in die Mphagane-nedersetting buite Giyani in hegtenis geneem is,” het Ngoepe gesê. “Ngobeni en Makgopa is albei verlede week tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir ontsnapping uit wettige aanhouding. Simango sal Maandag voor die Nkowankowa-landdroshof verskyn op dieselfde aanklag.”

Ngoepe het gesê die drie mans is oorspronklik in hegtenis geneem vir onder meer poging tot moord, verkragting en huisbraak.

“Die SAPD wil graag alle lede van die gemeenskap, onder wie die boere in en om die Letsitele-polisiëringsgebied, bedank vir inligting aan die polisie wat uiteindelik tot die inhegtenisneming van hierdie mans gelei het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jakes ·

Die vriendin nie gearresteer omdat sy hom beskerm en verberg het?

henda ·

Nee hoekom sou hulle, net nog meer werk en dan is dit seker nog rassisties ook en apartheid se skuld ha ha

Landi Slatter ·

Dagsê KarooKlong

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

KarooKlong ·

Dankie Thea. Toe ek dit noem toe word my kommentaar verwyder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.