Ontsnapte gevangene weer vas

Die verdagte Freddy Gwala Isiah Masenya. Foto: Verskaf

Die verdagte Freddy Gwala Isiah Masenya. Foto: Verskaf

ʼn Gevaarlike misdadiger wat verlede week uit aanhouding by die Botlokwa-polisiestasie noord van Polokwane in Limpopo ontsnap het, is Woensdagoggend weer vasgetrek.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Freddy Gwala Masenya is deur lede van die Limpopo opsporingspan in die Mankweng informele nedersetting vasgetrek. “Die polisie het inligting oor Masenya se doen en late ontvang en vinnig opgetree om hom in hegtenis te neem,” het sy gesê.

Masenya was tydens sy inhegtenisneming in besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ses selfone wat vermoedelik gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig Masenya is  ʼn verhoorafwagtende verdagte wat teregstaan op aanklagte van huisroof, moord en verkragting. Hy word ook verbind met vorige misdrywe soos roof en diefstal.

Masenya sal later vandeesweek in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.