Ontsnapte gevangenes binne ure aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vier gevangenes wat almal lewenslange tronkstraf uitdien, is binne ure in Mthatha in die Oos-Kaap aangekeer nadat hulle ontsnap het.

“Die vier het Woensdagmiddag ontsnap,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, Donderdag gesê. Hulle dien tans lewenslange tronkstraf uit by die korrektiewe fasiliteit en moes in die Mthatha-hooggeregshof verskyn op ander aanklagte.

“Na bewering het hulle ʼn beampte van die korrektiewe diens oorweldig toe hulle weer by die tronk aangekom het, en hulle kon ontsnap,” het Fatyela verduidelik. “Booi Matanzima (34) het gepoog om ʼn voertuig, wat aan een van die korrektiewediensbeamptes behoort, te kaap en daar was ʼn bakleiery. Hy is geskiet en is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.”

Drie ander persone, Sthembiso Phakule (34), Eric Dumezweni (31) en Sive Dwenga (25), is in die omgewing aangekeer.

“Die polisie het beslag gelê op ʼn 7.65 mm-pistool met vier rondtes ammunisie,” het hy bygevoeg.

Die mans staan nou ook tereg op bykomende klagte van die ontsnapping uit wettige aanhouding, en onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Nie pics van “handjies deur die tralies” nie…..Wys hulle gesigte!

Treurgrond ·

Vat so julle fluffies julle het gedink julle gaan wegkom………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.