Gevangenes wat ontsnap gevonnis

hof-hamer

Argieffoto.

Die vier gevangenes wat verlede Woensdag op pad na die St. Albans-tronk in Port Elizabeth ontsnap het, is Woensdag en Donderdag in die Gelvandale-landdroshof gevonnis.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Etienne Andrews en Marco Tiervlei is Woensdag albei gevonnis tot drie jaar direkte tronkstraf en ses maande wat vir vier jaar opgeskort is. Justin Bramwell en William Kleinbooi is Donderdag dieselfde vonnis opgelê.

Maroela Media het vroeër berig twee polisiebeamptes het die gevangenes teen 14:20 van die hof na die korrektiewe sentrum vervoer toe die voorval plaasgevind het. “Die bestuurder van die vangwa het geluide van agter uit die vangwa gehoor. Hy het gemerk hoe die gevangenes van die bokant van die vangwa afspring en in die bosse verdwyn,” lui die verklaring.

Die vier gevangenes was reeds gevonnis op aanklagte van roof wat in die Mount Road- en Bethelsdorp-omgewing plaasgevind het.

ʼn Soektog na die gevangenes is onmiddellik van stapel gestuur en bystand van die polisie se lugvleuel is ook ontbied. Die gevangenes is dieselfde aand nog vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.