Ontsnapte gevangenes soek

Een van die verdagtes wat gesoek word. (Foto: SAPD)

Die Gautengse polisie is op die spoor van drie gevangenes van Baviaanspoort- korrektiewe dienste wat vandeesweek uit aanhouding ontsnap het. Die gevangenes is reeds vir ernstige misdade, waaronder roof en verkragting, gevonnis.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het Saterdag in ’n verklaring gesê Louis Matola, Knowledge Shoka en Fassman Manamela het Woensdag tussen 22:00 en 24:00 uit aanhouding ontsnap. Hulle is sedertdien soek.

Matola is tot 13 jaar tronkstraf op aanklagte van roof gevonnis. Shoka is op sy beurt tot 15 jaar tronkstraf op aanklagte van huisbraak en diefstal gevonnis, terwyl Manamela ten tyde van sy ontsnapping ’n vonnis van 25 jaar vir verkragting uitgedien het.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting oor waar die gevangenes hulself mag bevind by die naaste polisiestasie of die Misdaad Stop-nommer by 08 600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Weet nie hoekom hul ontsnap nie hulle word in elk geval vrygelaat

JohanR

Hoe het hulle ontsnap? Het hulle in die nag wakker geword en die deure het oopgestaan? Het hulle die deure se sleutels ontvang saam met middag ete? Dink die publiek is ‘n verklaring verskuldig van HOE hulle ontsnap het. Te veel van die nonsens gebeure met geen gevolge vir die oppasers nie! My gooiste ek will nie die drie op ‘n donker nag, of ooit ontmoet nie!

Scalla

Hulle was gehelp om weg te kom

marius

Hoe gaan die publiek kan help ? Almal dra maskers .

Hendrik

Ek stem volkome saam dat hul gehelp is. Waar hulle toegesluit word is dit onmoontlik om dit sonder hulp te doen