Ontsnapte gevangenes steeds op vrye voet

Argieffoto: SAPS

Argieffoto: SAPS

Die polisie is Dinsdag steeds op soek na 12 van die 28 gevangenes wat Vrydag ontsnap het toe hulle van die Ga-Rankuwa-landdroshof, noord van Pretoria, vervoer is.

“Twaalf van die ontsnapte gevangenes is nog nie weer aangekeer nie, maar die ondersoek duur voort,” het kapt. Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisievragmotor het Vrydag 28 gevangenes van die Ga-Rankuwa-landdroshof na die New Lock-gevangenis vervoer. Die vragmotor het in Lucas Mangope-rylaan naby Medunsa gery toe dit in ʼn hinderlaag gelei is deur ʼn onbekende aantal mense.

“Die verdagtes het op die vragmotor losgebrand voor hulle die deur oopgedwing het. Van die gevangenes het uit die vragmotor in die verdagtes se voertuig gespring en sommige persone het te voet gevlug,” het Mothutsane Vrydag gesê.

Mothutsane het die publiek versoek om met inligting na vore te kom wat kan help om die gevangenes aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.