Ontsnapte leeus weer in kamp

Argieffoto ter illustrasie (Foto: designerpoint, Pixabay)

Die sewe leeus wat vermoedelik Maandagaand uit hul kamp op die Ingogo Safaris-wildsplaas in Limpopo ontsnap het, is weer gevang.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê drie van die leeus is Dinsdag deur amptenare van die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme in Limpopo (LEDET) en veeartse uit ʼn helikopter opgemerk en is toe verdoof.

Die oorblywende vier is Dinsdagmiddag in ʼn ander gebied opgemerk. Mojapelo sê hulle het vleis gebruik om dié leeus te lok en die diere is só gevang.

Al sewe leeus is nou weer veilig terug in hul kamp op die wildsplaas.

Mojapelo sê daar was skade aan die leeukamp se heining wat oënskynlik tot hul ontsnapping gelei het. “Dit is by die polisie aangemeld nadat die leeus ontsnap het,” sê Mojapelo.

Maroela Media het vroeër berig die leeus is glo Dinsdagoggend omstreeks 07:00 deur inwoners in Alldays, net buite Louis Trichardt in Limpopo, opgemerk. Die polisie het ná die leeus se ontsnapping dadelik lede van die Alldays-gemeenskap en boere van omliggende plase gewaarsku om op die uitkyk te wees vir dié leeus.

Vyf van die sewe leeus is glo mannetjies en twee is wyfies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hekwag ·

Nou wie sou die “skade” aan die heining aangerig het, wonder ekke….

Anel ·

Presies wat ek gesê het. Sê reguit die drsde was geknip om een of ander misdaad te pleeg!

JohanR ·

Het hulle enige iemand by die NCCC geeet terwyl hulle uit was???

Kokerboom ·

Eks so bly almal is veilig en nie ten prooi geval van muti dokters

Termiet ·

Wonder wat se boetes die arme leeus opgele was omdat hulle rond geloop het tussen 6 & 9?

Duck ·

Lekker ou Leeu Plesiertjie. Ek hou van katte, groot katte, maar nie daai tanne nie!

Hans ·

Kan iemand die “national command council” ook terug in hul hok kry asb. Hul maak SA se naam kipi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.