Ontsnapte loop rieme styf

Theo Botha wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Theo Botha wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Theo Botha (56), wat tronkstraf uitdien vir die moord op sy dogter en ʼn huishulp en wat vroeër die week uit aanhouding ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Botha en Johannes Pheko (40) het omstreeks 12:00 Dinsdag uit die Goedemoed-gevangenis op Aliwal-Noord ontsnap. Die polisie het intussen bevestig Botha is Vrydagmiddag by die ingang van die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Kapt. Francois Laux het aan Maroela Media gesê Botha het glo Vrydag in Prellerplein ʼn vrou se motor probeer kaap. Die vrou het glo in ʼn ander motor vasgery, waarna Botha gevlug het. Botha het glo ook nommerplate van ʼn ander motor in Prellerplein gesteel. Hy het glo later ʼn ring by ʼn juwelierswinkel probeer verkoop. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.

Johannes Pheko wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Johannes Pheko wat uit die Goedemoed-gevangenis ontsnap het. Foto: SAPD

Laux het ook aan Maroela Media bevestig dat Botha tans tronkstraf uitdien vir die moord op sy 12-jarige dogter in 2001. Sy is onsedelik aangerand en versmoor. Botha is ook skuldig bevind aan die moord op die gesin se huishulp. Sy is ook versmoor en verkrag.

Pheko is intussen Donderdag by ʼn huis in Bloemfontein in hegtenis geneem. Botha en Pheko het glo ʼn bewaarder oorrompel voordat hulle met vuurwapens en die bewaarder se bakkie gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

arie plaasboer ·

@ Anon en SNEL,
Ek dink die meeste van ons besef nie juis hoeveel SIEK mense vry rondloop nie.
Hierdie siek mense maak die wereld vir ander moeilik net omdat hulle dit so WIL.

Peet Schabort ·

En om te dink ons sorg vir daardie soort . . . Nee wat !!!

My-se ·

Om jou eie kind te verkrag en vermoor? Hoekom lewe die ding nog?? Hy voel niks vir niemand nie

arie plaasboer ·

@ My-se
Al gehoor van psigopate en sosiopate.
Potensieel baie gevaarlike mense wat net uit is op PERSOONLIKE GRATIFIKASIE. hulle gun niemand ander dit nie

Genis ·

Ons sou nooit die misdadiger herken het met die foto wat julle geplaas het nie Maroela. Gelukkig het ander nuusblaaie ‘n meer onlangse foto van die Theo skurk geplaas en is hy sodoende herken en vasgetrek.

Ken ·

Hoekom ons as ‘n mensdom die tipe goed laat leef weet die hemele alleen….

Johann Marx ·

Ken….jy gee self die antwoord op jou vraag. “Mens-dom”!! As dit die “Mens-slim” was het hierdie situasie heel anders daar uitgesien…

talitha ·

Hy is nie n man nie, hy is n monster en moet verban word tot voetboeie en handboeie vir altyd. Sonder kos..

Berhalet Beukes ·

Waarom betaal ons om sulke varke in tronke te onderhou? Hulle dien geen doel as hulle ontsnap en net weer ‘n kriminele daad pleeg nie! Raak ontslae van die goed!

ma-baker ·

Mense ons lewe vandag in n wereld van ” moord, roof, verkragting en sinnelose geweld! Die doodstraf sal hulle nie eens keer nie! Dit is ons Regering se swakheid wat geen verskil kan meebring nie!

tambotie ·

Ja die doodstraf sal miskien nie almal keer nie, maar sommiges wel. En soos pieter dit stel, dit sal veelvuldige oortredings van een persoon baie doeltreffend stop.

Frans ·

88% van kriminiloë wat in Amerika genader is oor die doeltreffendheid as die doodstraf as ‘n afskrikmiddel het gesê dat dit nie voornemende moordenaars afskrik nie.Die artikel sê egter nie hoekom hul reken dat dit nie werk nie.

Persoonlik reken ek dat omdat dit nie openbare teregstellings is dit nie die aandag van die publiek en dus voornemende moordenaars trek en dus nie afskrik nie.In die ou Suid Afrika was daar gewoonlik ‘n klein beriggie.

In Iran was die moorde per 100 000 2.9 teenoor die 39.5 in Suid Afrika vir 2004.Dit is ook opmerklik dat terroriste ‘n organisasie soos Isis openbare teregstellings het en onthoofding vrystel op videos omdat dit ‘n doelftreffende en skokkende afskrikmiddel beskou word vir die wat dit sou waag om teen hul te veg en in hul hande sou val.

Pendoring ·

Net ‘n opmerking: Botswana het nog die doostraf. Ek het letterlik jare laas gehoor van ernstige misdaad daar. Miskien mis ek iets?

Pieter ·

Ek luister na die verslae en sulke studies, maar tot dusver het ek nog nooit gehoor van iemand waar die doodstraf suksesvol toegepas is, wat heroortree het nie. Dit alleen is voldoende rede om dit terug te bring.
En ISIS se taktieke is huidiglik skokkend, maar oor ‘n jaar is ons gewoond daaraan en die mense gaan nuwe vlakke soek, wat nog meer skokkend is. Hulle doen dit in elk geval nie om as afskrikmiddel te dien nie, maar eerder as onderdrukking van hul eie, en vrees-skeppend vir ander gelowe.

susan ·

Dit is skokkend en afskuwelik, maar daar word lelike haat uitgespreek teenoor hom.
ons wat christene genoem word, vergeet so dikwels dat daar nie groot of klein sonde is nie. Eendag as hy voor die regter staan gaan sy sonde nie erger wees die wat hom so sleg maak nie.
Dit is nie normaal om so iets te doen nie. Die man is of besete of nie lekker in die kop nie. ons moet leer omvir die mense te bid. Ek weet sommer dat daar heelwat klippe na my kant toe gaan kom, maar wat gebeur met die ou wat die lever trek. Die een Wat die man gaan hang. Neem hy nie ook n lewe nie. Wie is ons om so n las op n ander te plaas

LEANDRI ·

Die meisie wie se nommerplate hy gesteel het is my baas se dogter. Dis nogals baie scary oor alles way gebeur het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.