Ontsnapte Mpuma-gevangene weer aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Een van drie verhoorafwagtende gevangenes wat uit die Belfast-polisieselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

“Skhumbuzo Mthethwa (21) is Donderdagaand in Siyathuthuka informele nedersetting opgespoor,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Mthethwa is aanvanklik vir diefstal in hegtenis geneem. Hy en twee ander gevangenes, Petros Mamaru (24) en Lucky Sibuyi (24) het verlede Saterdag deur ʼn gat in die staaldak van die sel ontsnap.

Die soektog duur voort vir Mamaru wat in hegtenis geneem is op aanklag van twee moorde en Sibuyi, wat tereg staan op aanklag van gewapende roof.

Lees ook:
Plaasmoordverdagte ontsnap; SAPD se nalatigheid dui op betrokkenheid, sê AfriForum
Drie verdagtes ontsnap uit aanhouding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.