Ontsnapte verdagte aangekeer ná weke op vrye voet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gevaarlike vermeende misdadiger wat drie weke gelede uit die Malumele-landdroshof naby Thohoyandou in Limpopo ontsnap het, is Maandagaand vasgetrek.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Madala Daniel Mhlango is by sy wegkruipplek in ʼn afgeleë gebied tussen Letsitele en Nkowankowa weer in hegtenis geneem. Hy was sedert 23 Junie op vrye voet nadat hy saam met vier ander verhoorafwagtendes ontsnap het.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes het glo ʼn polisiebeampte oorweldig terwyl hulle na ʼn polisievoertuig vergesel is. Drie van die ander ontsnaptes is kort ná hul ontsnapping aangekeer, het Otto gesê.

“Mhlango staan tereg op ʼn reeks aanklagte, waaronder moord, kaping en gewapende roof. Hy sal Woensdag in die Malumele-landdroshof verskyn vir ontsnapping uit wettige aanhouding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NEL ·

Verstaan nie mooi hoe ‘n moordenaar na ‘n hof geneem word sonder die nodige boeie aan arms en voete nie. Dit wys weer uit hoe slapg…t die polsie is en dat hulle nie hulle werk behoorlik doen waarvoor hulle betaal word nie. Patete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.