Ontsnapte verdagte doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Verdagte wat uit die aanhoudingselle by die Nyoni-polisiestasie in KwaZulu-Natal ontsnap het, is doodgeskiet, het die provinsiale polisie Maandag gesê.

Maroela Media het vroeër berig twee adjudant-offisiere het verlede week Donderdag patrolliewerk in die selle gedoen toe een van die beamptes deur twee verdagtes oorrompel en van sy vuurwapen beroof is. “Een van die verdagtes is tydens die struweling noodlottig gewond en ʼn tweede het ontsnap,” het maj. Thulani Zwane gesê.

Die 23-jarige verdagte wat op die toneel dood is, is in hegtenis geneem in verband met verskeie rooftogte in die gebied.

Ao Bhekizitha Thembinkosi Gumede en ao Siza Nyandeni het albei kritieke beserings opgedoen en hulle het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Volgens Zwane was die polisie Maandagoggend besig om leidrade op te volg oor waar die ontsnapte verdagte homself kan bevind. “Hy is omstreeks 12:00 in die gebied gewaar, maar het weggehardloop toe hy die polisiebeamptes opgemerk het. Hy het glo op die beamptes geskiet, en hulle het teruggeskiet.” ʼn Vuurwapen is by hom gevind en hy is as Senzo Dube (18) uitgeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederiks ·

Toe hy ontsnap het, moes die polisie reeds geweet het dit is Senzo Dube na wie hul soek.

Johann Marx ·

Twee adjudant offisiere vir twee kriminele…..is nie ‘n suksesverhaal nie?

Dankbaar ·

Dankbaar hulle is reg hanteer, daar sou net nog baie meer hartseer en moord/roof slagoffers gewees het. Aan die familie van die beamptes, baie sterkte, wees trots en vier hul lewens, hul is Suid-Afrika se trots.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.