Ontsnapte verdagte in hospitaal vasgetrek

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Adhy Savala/Unsplash)

ʼn Verhoorafwagtende gevangene is weer vasgetrek nadat hy onder ʼn skuilnaam in ʼn hospitaal opgeneem is. Die verdagte het in September verlede jaar uit aanhouding ontsnap.

Vusi John Mabona (33) is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklag van roof en verkragting met verswarende omstandighede, maar het in September saam met twee ander verdagtes ontsnap toe polisiebamptes die roetine-inspeksie van selle gedoen het.

Die polisie kon daarin slaag om die ander verdagtes vas te trek, maar Mabona het hulle bly ontwyk.

“Die polisie het egter ʼn wenk ontvang dat Mabona in die hospitaal opgeneem is nadat hy deur lede van die gemeenskap aangeval is toe hy probeer het om ʼn bejaarde vrou te verkrag,” het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê. “Hy is onder ʼn valse naam in die hospitaal opgeneem, juis om die polisie op ʼn dwaalspoor te plaas, maar die polisie het op die wenk gereageer en die verdagte weer in hegtenis geneem.”

Die verdagte het Vrydag in die landdroshof in Groblersdal, Mpumalanga, verskyn op aanklagte van moord, verkragting en ontsnapping uit polisieaanhouding. Sy saak is tot 25 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sandra ·

Vir wat nog ‘n datum vasmaaak? Julle moes tyd en geld, bonnis die stuk gemors. Hy gaan in elk geval in weelde leef vir dit wat hy gedoen het. Wrns ek kon regtig skryf wat ek dink. Ek bly liewer stil

Cherokee ·

Verduidelik jouself, sodat ek weet of die duim op of af moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.