Ontsnapte verdagte weer aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Danon Kruger, in sy laat 20’s, wat op 24 April uit aanhouding ontsnap het, is Sondag weer aangekeer.

“Kruger is omstreeks 01:00 deur beamptes van die Lichtenburg-polisie in hegtenis geneem,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

Kruger was in aanhouding in verband met twee sake van besigheidsroof onderskeidelik in Maart 2014 en Maart 2016 in Lichtenburg. “Die verdagte is in hegtenis geneem toe hy uit die dorp gery het.”

Hy sal na verwagting Dinsdag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.