Ontsnaptes in ander provinsie aangekeer

David Ramahlo, een van die verdagtes wat ontsnap en weer in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Twee vermeende misdadigers wat Dinsdag in Burgersfort in Limpopo ontsnap het, is Woensdagaand weer in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Moses Ngwatle (39) en David Ramahlo (30) het in die Burgersfort-streekshof op aanklagte van huisbraak en diefstal verskyn. Op pad terug na die Leboeng-polisiestasie het die twee mans, wie se hande geboei was, uit die polisiemotor gespring toe die motor by ʼn verkeerslig stilgehou het. Hulle het verdwyn voordat die polisiebeamptes iets kon doen.

Volgens Ngoepe het die polisie ʼn wenk uit die gemeenskap ontvang wat daartoe gelei het dat die twee verdagtes in die Matibidi-gebied in Mpumalanga in hegtenis geneem is.

Ngoepe het gesê die omstandighede rondom die mans se ontsnapping word steeds ondersoek. Hulle sal binnekort weer in die hof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

As jy in die tronk is en ontsnap IS jy ‘n misdadiger. Hoekom verwys na vermeende misdadiger. Belaglik!!!!

Tiger ·

Die plosiemanne wat die 2 laat ontsnap het hoort aangekla te word.Dit was darem TE maklik.

Oosie ·

Die gebruik is om die child lock te gebruik wat duidelik nie hier die geval was nie. Nalatigheid!

Lou ·

Mense met boeie aan (agter hulle rug) hardloop vir twee polisiemanne weg???

Jaques ·

Lou, my 6 jarige dogtertjie sal vir meeste van die polisiemanne kan weghardloop.
Die enigste oefening wat meeste van hulle kry, indien hulle die drive through gebruik nie, is wanneer hulle uitklim om hulle KFC te koop.

Ruby ·

Ai, waar is die dae toe die polisie manne die deure gesluit het tsk tsk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.