Ontstoke inwoners maak amok in Limpopo

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Groep ontstoke inwoners het drie huise in Limpopo afgebrand nadat hulle die huiseienaars daarvan beskuldig het dat hulle by ʼn man se dood betrokke was.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê twee huise, ʼn drie- en ʼn vierslaapkamer, asook ʼn rondawel, is Dinsdagmiddag in die Blinkwater-nedersetting in Giyani aan die brand gesteek. Al drie wonings behoort aan verskillende mense.

“Die huise en al die inhoud het tot die grond toe afgebrand. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die beraamde skade is meer as R100 000,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die groep die huiseienaars beskuldig van die dood van ʼn 24-jarige plaaslike minibustaxibestuurder. Dié man, Nyiko Nathiel Makhubele, is verlede week doodgeskiet.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en gemeenskapslede gewaarsku om op te hou om die reg in eie hande te neem. “Inwoners moet eerder die polisie bel as hulle inligting het van enige verdagte persoon wat by ʼn misdaad betrokke is,” het Ledwaba gesê.

Die polisie ondersoek drie sake van brandstigting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie monitor die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HPV ·

Die regering het alle beheer verloor. Totale anargie heers. Elkeen vir homself, ons sal binnekort ‘n VN vredesmag benodig.

Albaster ·

Wat moet hulle dan doen as die polisie en howe niks doen om die publiek te beskerm nie?

bgj van der westhuizen ·

as die sapd hulle werk doen dan sal dit nie gebeur nie

Leahim ·

Ek stem saam en ophou om die Nederlandse toeriste bus te roof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.