‘Ontstoke klant’ glo agter MiWay-‘rasseherrie’

Die plasing wat versprei word.

ʼn Rasseherrie het amper oor die kop van die versekeraar MiWay losgebars nadat ʼn skermskoot van ʼn skynbare rassistiese e-pos wyd op sosiale media versprei is.

Die skermskoot is van ʼn skynbare e-pos wat deur ʼn werker van MiWay geskryf is waarin die vrou glo sê dat vanaf 1 Augustus 2017 daar 90% van die aansoeke van swart mense van die hand gewys gaan word omdat hulle “maklike teikens is”. Die “e-pos” sê verder dit is ʼn gulde geleentheid om geld te bespaar en die “swart bobbejane” te straf.

MiWay het vinnig gereageer en ʼn dringende ondersoek ingestel nadat ontstoke sosiale mediaverbruikers dit onder hul aandag gebring het. Die versekeraar het bevestig die skermskoot is vals.

“MiWay het die oorsprong van die skermskoot ondersoek en kan kategories bevestig dat die “e-pos” vals is,” het René Otto, MiWay se uitvoerende hoof, in ʼn persverklaring gesê.

“MiWay is ʼn trots-Suid-Afrikaanse maatskappy wat toegewyd is aan diversiteit en deursigtigheid. Ná ons dringend ondersoek ingestel het, kan ons bevestig dat die werknemer nooit so ʼn e-pos met daai inhoud gestuur het nie.”

Die “e-pos” maak ook melding van ʼn vergadering waartydens die bogenoemde besluite geneem is, maar Otto ontken dat daar ooit so ʼn vergadering plaasgevind het en dat daar geensins sulke besluite geneem is nie.

“Ons is besig om die oorsprong van die vals skermskoot op sosiale media op te spoor en sal sterk en gepaste aksie teen enigiemand instel wat ons handelsmerk gebruik om aanstootlike en neerhalende kommentaar te versprei.”

Otto het in ʼn onderhoud met JacarandaFM News gesê hulle vermoed die skermskoot is deur ʼn ongelukkige kliënt nagemaak en versprei aangesien dié versekeraar glo ʼn eis van die persoon verwerp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koekie ·

Ek moet sê, die bewoording is so oorboord dat ‘n mens definitief die gevoel kry dat iemand dit uit wraak geskryf het.

dom ·

Dit is fake . kyk onder aan die blad net langs die laaste woord. Die email was in edit mode.

Investigator ·

Enige person wat bietjie oplettend is kan sien die mail is vals, daar is altyd ‘n spasie voor die ‘body’ van die mail begin en heelonder is ‘n gedeelte van die ‘T&C’s’ delete. Die poging was ‘n groot ‘fail’

T ·

Maak my so vies dat mense so rasse hatery stoke. Ek wonder net wie was die persoon wat dit gedoen het sal daarvan hou om te weet.

Wessel ·

Nou die eintlike vraag, wie was verantwoordelik vir die vals epos?

Michael ·

Multichoice doen dit openlik en het selfs n advertensie op tv waar hulle uitbeeld dat hulle net swart mense help en niemand het n probleem daarmee nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.