Ontstoke leerder op video ‘het mediese toestand’

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, besoek die Lewisham Primary School in Krugersdorp. Foto: Twitter (@EducationGP)

ʼn Graad 7-leerder wat op video vasgevang is waar hy ʼn onderwyser stamp, slaan en beledigings toesnou, het glo ʼn mediese toestand en het op dié betrokke dag nie sy medikasie geneem nie.

ʼn Video van die voorval word tans wyd in die media versprei. Die voorval het reeds vyf maande gelede by Lewisham Primary School in Krugersdorp plaasgevind, maar die video het eers onlangs aan die lig gekom.

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het Donderdag die skool besoek nadat hy van die video bewus geword het.

In die video kan gesien word hoe die leerder op ʼn onderwyser skree, terwyl ʼn onderwyseres hom in bedwang probeer bring. Hy sê onder meer vir die onderwyser dat hy “stink” en vra hom of hy die oggend gebad het. Hy skree ook vir die onderwyseres om nie aan hom te vat nie en dreig dat hy “daardie foon sal breek”.

Die leerder is ná die voorval tydelik geskors en aan ʼn dissiplinêre proses onderwerp waarna daar aanbeveel is dat hy permanent geskors moet word. Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, sê die seun is egter nie permanent geskors nie.

Mabona wou nie veel inligting bekendmaak oor die omstandighede wat tot dié voorval in die video gelei het nie, maar het bevestig ʼn interdepartementele span is aangewys om die saak te ondersoek. Die span bestaan onder andere uit verteenwoordigers van die departement se psigo-maatskaplike eenheid, spesiale skole en onderrig-ondersteuning en die departement van maatskaplike ontwikkeling.

“Die ondersoek sal fokus op die welstand van die leerder, sy akademiese vordering en hoe die departement ʼn gepaste skool vir hom kan vind. Ons moet vir hom ʼn skool vind en ons beraadslaag tans met sy familie hieroor,” het Mabona gesê.

Die ondersoekspan moet teen Dinsdag aanbevelings aan Lesufi maak oor die leerder se toekoms.

Mabona het aan Maroela Media bevestig dat die seun glo aan ʼn mediese toestand ly en op die betrokke dag wat die video geneem is glo nie sy medikasie geneem het nie. Hy wou egter nie meer inligting oor die mediese toestand bekendmaak nie.

Lesufi het gesê hoewel hy die voorval ten sterkste veroordeel en die departement nie sulke wangedrag van leerders sal duld nie, bly sy eerste prioriteit die welstand van die kind en sy toekoms. Daarom werk die departement ten nouste saam met die leerder se familie om ʼn besluit te neem wat in sy beste belang sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Ongelooflik ·

Shoe, hy is so klein en dit gaan al so. Hoe gaan hy wees as hy 20 jaar oud of ouer is…

Se maar net ·

Wie is enige van julle om te oordeel?

Het jy dalk ‘n kind met ‘n mediese toestand?

Wel ek het en ek kan vir jou een ding sê jy as ouer en daardie kind gaan deur hel en deur baie verskeie medikasies en ‘n paar jaar van vorentoe en agtertoe voor daar enige verbetering/vordering is.

Voor jy dalk weer in ‘n winkel stap/berig lees en dink ‘n kind is stout dink bietjie verder dalk het hy Outisme, ADHD, Asburgers en baie van die kinders kan nie help dat hulle op sekere maniere reageer nie. Ja die ouer moet seker maak hy/sy kind kry sy medikasie maar daar is ook ouers wat dit eenvoudig nie kan bekostig nie en selfs onkundig is dat hulle kind dalk hulp nodig het.

AmY ·

Teen die tyd wat hy 20 is, mag hy (agv sy mediese toestand) al baie erger dinge aangevang het, en elke keer sal hy sy ‘mediese toestand’ blameer…
Sê maar net.

Ek wonder.. ·

Nonsens, daai kind se gat moet brand dan sien jy hoe vinig verdwyn al daai kamstige mediese toestade.

Marcelle ·

Hierdie word nou interresant. Die Metro beampte wat in die kattebak van die metro voertuig geslaap het, het ook ‘n mediese toestand. Nou is ‘n kind sonder maniere en opvoeding ook “disfunctional” a.g.v. ‘n mediese toestand.
Hier kom ‘n trent…………..

Karl ·

@SeMaarNet, vandag word elke 2de kind ” gediagnoseer” met ” adhd” en en en, dis GLAD NIE n verskoning om so op te tree nie!

Gert ·

My vraag aan vra maar net. Die kind tree baie normaal op tydens die voorval en onthou van alles wat gebeur het.

Sê maar net ·

As hy outisme gehad het was hy nie in ‘n hoofstroom skool nie en hy sou ook heel moontlik nie so verbaal gewees het nie, Se maar net.
Hoe weet ek want my kleinneef is outisties. So ek weet ook hoe lyk en klink ‘n meltdown.
Maar deesdae word enige ongemanierdheid of slaap op die wek aan ‘n mediese toestand toegeskryf.
So dankbaar ek het die onderwys lank terug verlaat.

Lollapot ·

In antwoord op Se maar net …
Dié jaar alleen is ek as onderwyser verskeie kere gekrap, geskop, gevloek, gedreig en is ek met ‘n potblou arm anderkant uit. ‘n Kind wat ‘n gevaar inhou vir dié rondom hom/haar in ‘n skool situasie hoort nie daar nie. Mediese redes is NIE ‘n verskoning om ander emosioneel, fisies of verbaal aan te val nie.

Gert ·

Verstaan nie lekker vandag se mediese toestande , in my skooldae was daai mediese toestand met n rottang reg gekry en ek dink ons het nie so sleg uitgedraai . Vandag is alles n mediese toestand 90 persent is die ouers se skuld en dan wonder ons hoekom ons jeug is soos hulle is vandag net my mening.

ES ·

Hy het ‘n mediese toestand… maar kom ons hou hom of sy ouers nie verantwoordelik vir sy gedrag nie… lagwekkend.

Santjie ·

Ek wonder net wat gaan my mediese toestand wees as ek gaan aanjaag? –

Ore ·

hahahaha,stem Semaarnet,hy is nie al een nie,daar is nog so paar miljoen ander burgers ook wat aan ‘n mediese toestand lei,gaan nog ‘n geriefliflike verskoning word

Sê maar net ·

Ja als en almal het ‘n kamtige mediese toestand tot daai ou van die dros is nou glo bipoler.
Die slapende verkeerskonstabel hey ‘n mediese toestand.
Mugabe het swak oë em moes dit gereeld in die parlement rus.
Ga. Dis nie eers snaaks nie

Nel ·

OMW! Lyk my die nuutste verskoning vir wangedrag, luiheid en slaap tydens werksure is deesdae te wyte aan “n mediese toestand” :))))))))

Susan ·

As jy my vra, het meer as die helfte van SA se mense van hierdie soort pille nodig wat die seun veronderstel was on te drink – om die woede, aggressie, angs en ongelukkigheid in toom te hou. Ons land gaan van erg na erger – hoofsaaklik omdat die land nie reg bestuur word deur ons leiers nie.

HPV ·

Ag asseblief, is dit nou die nuutste, wat is volgende? Baie min wat ‘n rottang nie kan genees nie. Dit kan selfs Ritalin vervang. destyds is dit “Ses Van Die Bestes” genoem, die beste medisyne ooit.

Marieta ·

Snaaks, dat almal wat op kamera gevang word, skielik nou n mediese toestand het. Vanaf slapende verkeerspolisie tot kinders wat hul wangedra. En elkers kan daar geen inligting van die “mediese toestand” voorsien word nie. Begin hul nou agterkom “rassisme” is holrug gery?

Marietjie ·

Baie goed gestel!!, rassisme is uit, mediese toestand is in!!!

Basie ·

Stem HPV. Daai knaap draai in die howe op 21. NIKS wat ‘n rottang met ‘liefde’ nie oplos nie. Natuurlik binne perke.

JohanL ·

Ja Lesufi, as dit ‘n wit kind was, sou jy seker dadelik aangedring het op skorsing? Maar nou is jou eerste prioriteit die “welstand van die kind”! Ek het nie probleem daarmee nie, maar wees net konsekwent.

marius ·

daar is min goed wat ‘n goeie dosis pakslae nie gesond maak…

Blommie ·

Bedoel seker hy het nie die betrokke dag al sy paksla gekry nie…
Hier by ons ook almal heeldag mediese toestand. LMGA

Amelia ·

En as jy regtig n mediese toestand het, wil niemand dit hoor nie. n Mens spot nie met mediese toestande nie en dit is lyk my wat die karakters deesdae vir alles gebruik. Soos ek vir n kollega gese het net n sekond en jy kan baie baie siek wees……….dit was nie lank toe sit die mnr.

Ray ·

Ek het ‘n mediese toestand wat my verhoed om onder 160 km/h op die snelweg te ry

Poot ·

@Ray
My mediese toestand is erger as joune. Ek kan nie onder 250 bly nie. LOL!!!

Nettie ·

Man, kortom gestel: bring verbeteringskole en slae op skool weer terug. Oortreding 1 – mondelinge waarskuwing; oortreding 2 – skriftelike waarskuwing; oortreding 3 – pakslae, waar die ouer(s) teenwoordig is; oortreding 4 – verbeteringskool toe met jou!

Dis omdat die kinders vandag weet hulle kan niks oorkom nie, dat hulle optree soos wat hulle optree en doen wat hulle doen. Niemand mag meer aan die bloedjies raak nie, want dan is dit aanranding. Ons het onsself ‘n goeie drag slae op sy tyd, beide deur ouers én die onnies/skoolhoof, op die hals gehaal en as dít nie gehelp het nie, was verbeteringskool jou voorland. En dáár is jy gemaak, of gebreek – die keuse was joune.

JohanL ·

Nettie, jy som baie van ons se gevoelens reg op – stem 100% saam jou.

Wonder hoe gou gaan die verbeteringsskole vol word? :) :)

Anoniem ·

Met nommer 3 heel bo, sal nommer 1,2 en 4 nie nodig wees nie.

Naomi Berger ·

Alweer n mediese toestand.
Waarom was dit nie verklaar aan sy onderwyser nie.
Ouers moet verantwoordelik gehou word vir die kind wat nie sy meds drink nie.
Lagwekkend

Nettie ·

@Johan, soos ek dinge sien – sommer BAIE, BAIE gou! @Manie, ja – dalk is jy reg. Foeter eers en vra dán vrae.

Leon ·

Dit wil voorkom asof daar oral deesdae nuwe “sondebok” is met die naam van “mediese toestand ” wat nou die skuld kry vir alles. Gaan maar swaar as verskonings op raak….

DewaldS ·

Sy ‘mediese toestand’ is maar net dat hy die politieke leiers van die dag se gedrag naboots

gatvol ·

Die ‘mediese toestand’ is doodgewoon kriminele kranksinnigheid.

Rooikop ·

Net een oplossing ……………. laat sy gat brand ………….

Blikke ·

Ek het ook n mediese toestand…..ek is MOEG…..so moeg ek is selfs te moeg om te gaap ….. vir al die verskonings!

Jacqueline Pottas ·

N jaar gelede sou ek se dit kind kort net n pak slae dit is al.

Maar vandag sit ek met so n seuntjie, wat net so woede uit barstings het, in sy geval het hy black out epilepsie en kan hy dit nie help nie as hy nie sy medisyne drink nie is dit nag vir almal. Was al geskorts uit sy skool uit en hy nou in GR1. Niemand verstaan hom en weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. So ek kan glo dat die kind n mediese kondisie het. Dit is baie moeilik vir die kind want hulle verstaan nie wat gebeur nie.

Vandat hy op sy pille is gaan dit 100% beter. Moet nie oordeel as julle nie weet waarvan julle praat nie. Glo my ek was deur hell al gwees met dit

Zelda ·

Dan sou mens dink die ouers maak seker die kind kry sy medikasie…..

Nienkie ·

As enige kind ń mediese toestand het, is dit sekerlik die reg van die onderwysers, skoolhoof en leerlinge om dit te weet sodat hulle kan help en verstaan! En dit is die verantwoordelikheid van die ouers en/of voogde om dit aan die skool gemeenskap oor te dra. Dan moet daar by die video gesê word dat die kind dit en dit makeer. Nie net halwe waarhede versprei word nie!
Maar ‘mediese toestande’ begin al hoe meer die kop uitsteek! Gee dit die regte name! Dan sal ons dalk beter verstaan! En dit dalk ook beter hanteer!

LVH ·

Is hierdie nou een nuwe trend? Die polisieman, die week in die nuus het ook ‘n mediese toestand gehad, en nou pop daar weer een uit, met so n toestand

Geregtigheid ·

Hulle sal parlement ook laat toets vir die so genaamde “mediese” toestand!

Magda ·

” n Mediese toestand” word deesdae gebruik om enige oortreding/misdaad/wangedrag te verskoon.Klink my die grootste deel van ons bevolking is siek… :)

Carl ·

Die regering het ook n mediese toeatand – n algehele gebrek aan insig.

Interessant ·

Interessant dat die van ons wat wel aan sekere mediese toestande ly glad nie so optree nie. Sou nie eers daaraan dink om dit te waag om so teenoor ‘n onderwyser op te tree nie en ek was nie eers op medikasie terwyl ek op skool was nie. Geen verskoning vir ‘n gebrek aan opvoeding en respek nie.

Stomgeslaan ·

My grootste kommer le by die res van die kinders en onderwysers. As hy so optree teenoor ‘n volwasse, wat maak hy dan nie met die ander kinders nie????

Wonder ·

Daar is nou n mediese toestand vir elke wangedrag. Almal het verskriklike name, medikasies en profesionele hulp. Meneer , mevrou.. jou kind het nie maniere nie en dis jou eie skuld. Dis hoe jy hom groot gemaak het en nou wil jy n mediese toestand daaraan toe skryf. Weet jy toe ek jonk was het n goeie pakslae my ouers sommer al daai dokters kostes gespaar. Na sy boude ordentlik gebrand het is hy nie meer lus vir daai mediese toestand nie en raak hy na n paar keer sommer so self gesond. Jy sal verbaas wees wat goeie streng opvoeding kan doen.

Hannelu ·

O weë. Die hele spul is vol pille, nie sonder pille nie. Van verkeersbeamptes tot leerders!!!!?

Helen ·

Die mediese toestand het ‘n naam: Stoutigheid, en die voorskrif is ‘n lekker pakslae. Dankie aan die slim mense wat besluit het om straf weg te neem uit die skole, nou is die onderwysers die wat moet stilbly en maar net aanvaar wat die kinders met hulle doen. Die kinders kom weg met alles. Arme bloedjies!

jean ·

wag totdat julle wat so hoogheilig dink NET die rottang is die antwoord, ook soos ek sit met ‘n 12jarige kind vir wie GEEN straf help nie: slaan MET ‘n rottang, voorregte wegvat ens ens help eenvoudig glad nie.

Andrea ·

Ek kry jou bitter jammer. Eerlik, opreg jammer, want ek weet nie wat ek sonder my paplepel sou doen toe my drie klein was nie. Maar dit het gewerk vir hul. Hul was bang vir daai brandboude en het geluister. Ek weet nie wat ek sou maak as selfs nie pakslae gehelp het nie. Sterkte.

My mening ·

Is dit nou die nuutste verskoning? Van die verkeersbeampte wat sit en slaap terwyl hy moet werk tot die onbeskofte kind het n mediese toestand.

corne ·

o ok so as ek nou in sa iets verkeerd doen het ek n mediese toestand lekker

ANDRE ·

snaaks dat almal nou ewe skielik so sieklik is …eers die spietkop en nou die outjie..gaan nou my pille los en iemand gou in die straat bykom…ek het mos darem n verskoning

Olly ·

As hy dan ‘n “mediese toestand” het, hoekom is hy nie in ‘n spesiaal aangepaste skool vir leerders met sulke probleme nie? Daar weet personeel wat om te doen in sulke gevalle en het ook van die medikasies tot hulle beskikking vir administrasie. Finansies is ook nie ‘n verskoning, sulke skole bied ook beurse en afslag aan. Dit kan nie so aangaan!

Herman Goosen ·

Ja,
Een van die dae het onbevoegtheid en korrupsie ook ‘n mediese term. Wanneer ek so ‘n kind neuk gaan dit ook ‘n “mediese toestand” wees.

jj ·

ai verstaan asb………. ons is nuwe suid afrika belowe en het hom gekry…… die punt is die omkeer gaan BAIE kos en dit gaan en kan sleg wees……….. om die ou suid afrika terug te kry

Jozi ·

Ek is jammer ek glo nie daai nuwe verskoning (mediese toestand) wat nou sy kop uitgesteek het nie.
Indien daardie leerder wel die een of ander geldige mediese oorsaak het vir sy gedrag dan hoort hy in ‘n spesiale skool wat voorsiening maak vir kinders met spesiale behoeftes.
Hierdie outjie kan sy mede leerders en onderwyser ernstig beseer tydens sulke episodes.
Ek glo nie jou gewone onderwyser is toegerus om met hierdie kinders te deel nie.

JG ·

Sou dit nie die grap van die jaar wees as die mannetjie met die “mediese toestand” vir Lesufi so bietjie rond gestamp het nie…lol

Smurfie ·

Dis nou die nuutste deesdae.
As jy aanjaag, het jy n mediese toestand.
Kyk maar die speedcop van nou die dag

alida ·

Graad 1 kind het my buurvrou geskop sy loop met blou kolle. Die HOD en die Hoof het niks gedoen nie. As sy hom geklap het sou sy haar werk verloor want sy is wit. Sy het aanbeveel dit kind kry medikasie vir sy hiperaktiwiteit maar die ouers het besluit om hom na ‘n sangoma toe te vat. Red nou ‘n nasie.

Marietjie ·

Jy pluk die vrugte van hoe jy jou kind opvoed! Kinders is die resultaat van hul ouers…Pieta

Helen ·

Ouers kan nie altyd die skuld kry vir die kind se doen en late nie. Ek het my kinders streng grootgemaak, en hulle was twee wonderlike engeltjies……..tot hulle Hoërskool toe is. Toe begin alle inhibisies/waardes by die hek uitloop. Ek is baie bly as jy kinders het wat die waardes uitleef wat jy hul geleer het.

lewies ·

Sien ons altyd die “spook” agter die optrede van kinders raak? Selfs onderwysers sien dit nie altyd raak nie. As jy die kuns ontwikkel het om dit raak te sien sien jy in 99,9% van die gevalle ‘n ma of pa of altwee raak. ‘n Kind se negatiewe gedrag is ‘n noodkreed in die hoop dat daar iemand is wat sal verstaan.

Louisa Delport ·

Is dit nou die nuwe verskoning – Mediese toestande

honourable member ·

Ja kyk sal altyd soek vir n verskoning vir die swak gedrag en ek sien mediese toestande is die nuwe een. So as ek my soos n vark in my werkplek gedra dan gaan dit wees as gevolg van “mediese toestand”

Deloris ·

Mediese toestand… as n werknemer aan die slaap raak is dit weens n mediese toestand …. as n kind buite beheer raak is dit weens n mediese toestand …..?? dis weens n tekort aan dissipline man

Olly ·

Lewies…. Ek stem. Daardie kind het dalk al vreeslike trauma deurgemaak, of maak daagliks trauma deur…. het heelwaarskynlik dissosiasie soveel so dat die een persoonlikheid of “deeltjie” nie eers weet wat die ander aanvang nie. Soms skep hulle verskillende persoonlikhede net om tot verhaal te kan kom met wat met hulle gebeur, dan vat die een persoonlikheid al die trauma, een hak uit en die ander een is heeltemal iemand anders, ens. Daardie kind sal berading moet ontvang en nie tradisionele dokters nie. Hy is vir al wat ons weet juis in hierdie kondisie in geslaan…nou moet mens dit probeer reg slaan…ek twyfel. Mens kan nie oordeel sonder feite nie.

Tokkolos ·

Nou voel ek skoon siek van al hierdie mediese toestande
Aiai
Ek gaan gou bietjie lê

alida ·

Hierdie is ‘n tragiese geval en keur dit af met alles in my, Mens moet ook objektief na elke geval kyk. Van daardie kinders kom honger skooltoe, gaan honger huistoe en kry niemand tuis nie want pa en ma is nog die tuis nie. Hulle stap ver ente skooltoe en word nie in luukse motors met lugreeling op die skool se stoep afgelaai en weer gehaal nie. Die kinders raak aggressief onder hierdie omstandighede. Dit is egter onaanvaarbaar om sulke gedrag te openbaar. Dink bietjie.

Sê maar net ·

Alida
Ja dis die plaasaanvallers se verweer ook. Hulle doen dit want hulle is honger en arm….

Bossie ·

Alida, ek was op skool in die vyftigerjare. Ons was brandarm. Ek en my sussie moes soggens kilometers vêr stap om die skoolbus of n geleentheid skooltoe te kry. Baie keer met een trui tussen die twee van ons op n hoëveld wintersoggend. Baie maal met leë mae. Tuisgekom met ma en pa wat nogsteeds besig is om te swoeg van voor dagbreek om vir ons n lewe te maak. En nooit, ooit, het ons só opgetree nie. Ek kry die gevoel jy speel die ‘minderbevoorregd’ kaart.

Oudste ·

Mediese toestand is die nuwe gonswoord vir swak maniere. Die dae toe ons agterstewes gebrand het, was daar nie sulke “sieklike” kinders op skool nie.

James ·

Het die LUR die onderwyseres van Kimberley ook besoek met leerder wat water in haar gesig gegooi het?? Oja nee want sy is wit. Jammer tog!!!

Doempie ·

Is dit die nuwe verskoning vir alle tjol wat mense aanjaag

Andrea ·

My pediater het destyds vir my gesê daars nie iets soos n stout kind nie. Die kind het verstoppings in sy ore. As jy hom op sy agterent slaan, spring die verstoppings uit sy ore; die kind kan hoor en dus luister hy vir jou, en siedaar! Geen stout kind nie. Baie goeie raad gewees.

Andrea ·

Ag Olly, ek hoor wat jy sê en as ek minder keelvol was vir sulke gedrag, sou ek dalk saamgestem het. My gevoel is egter foeter hom sommer nou maar sommer uit die kondisie uit.

Marie Visser ·

Smaak my die ‘mediese toestand’ is die nuwe verskoning van sekere mense om onskuldig verklaar te word vir hul wangedrag – die slapende verkeersman het ook ‘n mediese toestand gehad. Patetiese verskoning vir swak of geen maniere.

Pinkie ·

My kind het ook Asperger en ADD en het eers verlede jaar begin medikasie neem. In sy 13 jaar het hy nog nooit onrespekvol teenoor ‘n onderwyser opgetreë nie.

Sê maar net ·

Dankie Pinkie
Ek stem saam. My kleinneef is outisties en ek weet hoe lyk ‘n meltdown.
Hierdie seun was net plein ongeskik

My cents ·

Ouers is slapgat en blameer almal behalwe hulleself. Buig daai boompie … ons almal het survive

Philips ·

Plaasmoorde gaan seker ook eersdags ‘n mediese toestand wees. Hy het goeie pak slae nodig. Moet sê demokrasie en mense regte het hierdie land waar hy nou is.

Ray ·

My huishulp laasjaar het ook ñ mediese toestand gehad. Gereeld op my bank geslaap as ek bd huis kom. Toe ek een aand Whiskey skink toe kom ek agter wat haar toestand was. Die Johnny Walker Black het in tee verander. Ai Johnny was baie siek.

Bloudrom ·

Snaaks genoeg, in my dae het die toestand nie bestaan nie. Alles agv swak opvoeding, geen selfrespek en geen dissipline.

Gemaskerde Sopbeen ·

My pa het ons op ‘n baie wetenskaplike manier grootgemaak…..Sy wetenskap was “As jy die boude warm maak smelt die was in die ore!!”…en hy was reg.

Louisa ·

Ek is ‘n ouer met ‘n outistiese kind. Party kinders het meer sosiale probleme as ander en het medikasie nodig om hulle gedrag te reguleer. MAAR dit beteken nie dat hulle nie gedissiplineer kan word nie. Weereens, party kinders is makliker om dissipline te leer as ander, dit hang af van waar op die spektrum hulle is. Die ding is, hulle ervaar die wereld rondom hulle totaal anders as ek en jy. Waar musiek in ‘n winkel skaars by jou registreer, vir ‘n outistiese kind wat sensitief is vir geluide rondom hulle is daardie musiek ‘n kakefonie van klank wat onhoubaar is. Toe my seun klein was het hy histeries geraak wanneer ons die motor deur die ‘car wash’ masjiene gesit het. Die lawaai was meer as wat hy kon verduur! Ons het eenkeer ‘n ‘curtesy’ motor gehad terwyl ons s’n in was vir ‘n diens. Hy het doodeenvoudig geweier om in die motor te klim. Hy het geskop en gegil tot ons by die huis gekom het. Iets van daai motor het nie ‘reg’ gevoel vir hom nie. So volgende keer as jy ‘n kind in ‘n winkel hoor skree, hy is dalk stout, MAAR miskien is die musiek en mense se stemme rondom hom soos ‘n harde kabaal wat sy/haar ore geweldadig bombardeer! Oordeel nie, jy ken nie die uitdagings wat daardie kind en ouer elke dag die hoof moet bied net om deur die dag te kom nie!

Rina Swart ·

Ek sien elkeen se komentaar en daar mag dalk misbruik gemaak word van n siektes toestand , maar ek stem saam met Jaquiline ons moet nie aan neem hy is net n probleem nie, dalk het hy sy pille vergeet om te drink. Daar is gevalle wat dit die geval kan wees. Geen rede hy nie in n gewone medium skool kan wees nie. Ons kan maklik komentaar lewer maar dis eintlik eie opinies, niemand wat nog nie met so n kind te doen gehad het, weet watse hel ouers en kind en almal om hom of haar moet deurgaan nie.

lolla ·

ek weeet waar video footage wys hoe die onderwyseres een kind in die klas viktamiseer en net die een kind se gedrag uitwys maar nie gewoonlik wys wat die kind getrigger het nie,,,, waar n ander kind die kind uitlok deur goed te doen want die kinders weet die kind gaan reageer en dan kan die footage teruggespeel word en gesien het die onderwyser se gedrag ook so reaksie kon uitlok..sulke gedrag by die skool moet uit alle kante bekyk word,,, moenie onnodig labels op kinders sit nie,,,, baie klasse se kinders word op behandeling gesit om ‘soet’ te wees…

Dr Cornelis ·

Daar is toestande, sogenaamde mediese toestande, waarvan ek in my opleiding nooit geleer het nie. Maar “gelukkig” is daar medisyne wat verkoop kan word. Daar is siektes wat in die mode is – in bepaalde lande ..nie in ander lande nie!

AH ·

Ek stem saam met Bossie. Van ons ouer geslag het ook nie in weelde grootgeword nie. Moes ook kaalvoet skool toe stap (Winter en Somer), maar ons is ook met respek vir ander mense grootgemaak. Ons is met baie liefde grootgemaak, maar hierdie “mediese kondisies” van vandag het toe nie bestaan nie. Seker omdat enige kwaal wat nie met kasterolie of wonderkroonessens reg gedokter kon word nie, wel met ‘n pak slae verdwyn het!

Sakkie ·

Shabir Shaik het die mediese toestand ontwerp. Dit is glo dodelik.

George ·

Aan die wat dink ‘n pakslae kan nie die ding doen nie….. as jy dit toepas, doen dit dan goed en dan bedoel ek nie mishandel nie. Praat uit ondervinding.

Wurmpie ·

Ek het n mediese kondisie jare al, my woede en uitbarstings kom defintief nie uit so vinnig as ek n oggend nie my medikasie gedrink het nie, duidelik verstaan hul nie medikasie bly in jou sisteem vir langer as wat jy dink, soms meer as 24 uur kan meds nogsteeds in jou sisteem wees! Dit werk uit op 2 tot 3 dae, vra my man, hy weet al as ek vergeet ht om pille te drink! Die kind ht geen verskoning, nog minder ouers!

bella ·

Noem dit wat dit werklik is. Onbeskofte, onopgevoede boelie. Wil nie dissipline hê nie. Wil doen wat hy wil en indien nie kom die ware swak karakter te voorskyn. Hierdie regering het monsters geskep. Omdat hulle sogenaamd minderjarig is kom hulle met moord weg. Ek wil glad nie eens ‘n onderwyser in hierdie land wees nie. Te lui om te studeer en dan skeur hulle vraestelle op wat te ‘moeilik’ is. Steek ander leerders en onderwysers dood omdat hulle gegrief voel oor iets. Hierdie generasie is ‘n verlore generasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.