‘Onttrekking aan Strafhof ontbloot SA as menseregte-skender’

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Die ANC-regering sal ontbloot word as ʼn “blatante skender van menseregte” indien Suid-Afrika hom aan die Internasionale Strafhof onttrek.

“Deur te onttrek aan die Internasionale Strafhof is ʼn skulderkenning van die ANC dat hulle ʼn fout gemaak het om pres. Omar al-Basjir in Suid-Afrika toe te laat. Nou probeer hulle verder weghardloop van die gevolge van hierdie fout,” het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gesê.

Dit volg nadat die ANC se hoofraad Sondag besluit het dat Suid-Afrika hom aan die Internasionale Strafhof sal onttrek.

Volgens Mulder het oudpres. Thabo Mbeki uit sy pad gegaan om die beeld van Suid-Afrika as ʼn land te vestig wat sensitief is oor menseregte en ons so ʼn gerespekteerde lid van die internasionale wêreld te maak. “Die besluit van Zuma se ANC-regering om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, vernietig hierdie beeld en bevestig die wêreld se vooroordele teenoor Afrika-lande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

RSA ·

Sal hulle dan maar net ontken as hier in SA n volksmoord sou plaasvind?

Johann Marx ·

RSA. Die enigste ding wat huidiglik planne vir ‘n volksmoord in bedwang hou, is die feit dat so ‘n gebeurlikheid onmiddelik wêreldwyd uitgesaai en verkondig sal word, en die land waar dit plaasvind sal totaal in duie stort op alle gebiede omdat die res van die wêreld hulle rug sal draai op so ‘n land. Voor die koms van blitsvinnige wêreldwye media dekking, het volksmoord plaasgevind sonder dat ‘n haan daarna kraai. Gaan lees die geskiedenis van Haiti, waar die “wit, meesal Franse populasie” in een naweek afgemaai is.

Bessie ·

RSA, hier is al n stadige volksmoord sedert 1994 waarin 70,000 blankes reeds vermoor is. prof Gregory Stanton van VSA was al in 2012 hier en het toe reeds bevestig dat die volksmoord hier staan op 6 van 8. 7 is totale uitwissing en 8 is ontkenning.

Genis ·

Ek wil nou nie spoke opjaag of nog meer vrees by die verskriktes inboesem nie, maar daar is reeds ‘n stadige volksmoord en etniese suiwering aan die gang, alhoewel daarna verwys word as “misdaad” en “regstellende aksie, SEB” ens.

RSA ·

Is dit waar dat ons president weer sy gunsteling song gesing het by die geleentheid?

Winston ·

Presies die waarheid Dr Mulder. Skuif net nog n deur toe waar ingeloer word om te verhoed dat hulle gedwing word tot sekere aksies. Tipies Afrika. Die media, internet en ander hulpmiddels sal spoedig bekyk word as ” te groot oop” deure.

Rynhardt ·

SA se ontrekking uit internasionale strafhof wys die Anc vereenselwig hom met massamoordenaars.Hulle is ook nou almal welkom in SA!Dit wys verder dat die Anc het opsetlik koers met alles verloor!n Mens kan sien waarheen SA op pad is.Dr.Mulder is gou om kritiek uit te spreek teen Anc,maar hy het voorheen vir sy geliefde Anc gewerk!Die nuttelose verkiesing van volgende jaar le voor terwyl dr.Mulder nou die regte geluide maak vir daai lekker vet salaris!

Loeis ·

Ryanhardt, kry jou inligting reg. Dr Mulder was ‘n adjunk minister, wat beteken hy was nie deel van die kabinet nie, en het nie nodig gehad om opdragte van Zuma uit te voer nie. En as daar iemand in die regering was wie (onder omstandighede) vir die beleerde boeregemeenskap opgestaan het, dan is dit hy.

Jy praat van geluide maak vir volgende jaar vir ‘n vet salaris. Hy is reeds in die parlement, en volgende jaar se verkiesing is ‘n minuspale verkiesing, dus vir stadsrade. In alle respek Rynhardt, vergewis jouself van die feite voordat jy sulke uitsprake maak.

Rynhardt ·

Geagte menere Loeis en Fritz,ek weet nie waarvan ek praat nie?Jul geliefde dr.Mulder was adjunk minster van Landbou en het onder die Anc geval.Hy kon nie maak en breek soos hy wou nie,want die Anc se Vryheidsmanifes word uitgeleef om op boere se plase beslag te le.Jul geliefde dr.Mulder het n astronomiese salaris verdien as adjunk en leier van die VF+(ook bekend as “Verloorfront Plus”),want sy party staan op 0,95%steun.In 2010het ek dr.Mulder op Freek Robinson se program die volgende genoem:”Dr.Mulder,u is die grootste rugsteker van die Afrikanervolk”.Menere,julle held het voete van klei!

Loeis ·

Is dit so bietjie afguns wat ek daar hoor? Jy praat van die verloorders, so mens lei af jy is nie by Front Nasionaal nie. Die DA dalk? Wat ook geen kans staan om te wen nie? Jy klink maar paniekerig. MEt goeie rede, as jy nie weet wat aangaan nie.

Grassie ·

Die ANC het hulle nog nooit gesteur aan die uitsprake van howe hier in ons land nie, nou wonder ek wie het gedink hulle sal hulle steur aan ‘n geregshof wat daar iewers in Europa is. Of hulle onttrek of nie gaan geen verskil in hierdie land maak nie. Volgens die berig gaan onttrekking die ANC ontbloot as ‘n skender van menseregte, maar die opmerking is mosterd na die maal. Ek glo enigeen hier en in die buiteland wat ‘n bietjie verstand het en nie ‘n slaaf is van een of ander liberale leerstelling nie weet dit al lankal.

Frik Lotz ·

Stem saam met dr. Mulder se siening van die saak. Goed gesê, dr. Pieter! O ja, Rynhard, jy weet regtig nie waarvan jy praat nie deur dr. Mulder onnodig aan te val nie. Wees liewer dankbaar vir mense soos dr. Mulder en die VF Plus wat opstaan vir ons belange en veg vir ons regte.

REGINA ·

Stem volkome saam met jou Rynhardt! Jy het dit uitstekend gese! Die voorneme van die ANC om te onttrek aan die Internasionale Strafhof bevestig net weer vir ons dat hul wetteloosheid voorstaan en net wil maak soos dit hul pas. Kyk net hoe word ons mense stelselmatig uitgemoor maar niks word daaraan gedoen nie, die snert word aan ons opgedis dat “ras” geen rol speel in die moorde nie! Ons weet tog dat blanke Afrikaners juis hul teiken is! Vir die afgelope 21 reeds is alle terroriste/diktators/massamoordenaars baie welkom in SA en word hul met ope arms uitgenooi en ontvang. Kyk maar net wie almal hier was by bv. Mandela/Mbeki/Zuma se inhuldigings en Mandela se begrafnis en nou ook weer die afgelope Afrika Unie Beraad! Die ANC is boesemvriende met sulke karakters, dus beskerm hul sulke mense soos Basjir. Gisteraand op tv 3 was daar n program oor diktators se vergrype en hoe hul duisende mense uitgemoor het, oor Amin, Stalin en Gadaffi. Lsg. was n gereelde gas hier uitgenooi deur die ANC, hy het net sy eie tent saamgekarwei! Dit spel alles uit! Die ANC staan wetteloosheid voor, dis waarom dit so afdraande in SA gaan! Die toekoms met sulke leierskap lyk droewig en ons sit vasgevang in SA waar wet en orde 21 jaar gelede nog “wet” was!

pop ·

Hulle stem saam met moord en doodslag, dis wat hulle erken. Beskerm selfs n man wat sy eie mense uitmoor. Dis nag vir ons.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.