Onttrekking aan strafhof ‘voorspel niks goeds vir menseregte’

Internasionale Strafhof in Den Haag (Foto: Asser Institute)

Internasionale Strafhof in Den Haag (Foto: Asser Institute)

Twee instansies het Woensdag hul stem dik gemaak teen die moontlike kollektiewe onttrekking van verskeie Afrika-lande aan die internasionale strafhof en meen dit is ʼn terugwaartse stap vir menseregte wat betreur moet word.

Dit volg nadat die geregtelike komitee van die Suid-Afrikaanse parlement Dinsdag die aanvaarding van ’n wetsontwerp bespreek het waarvolgens die strafhof se oprigtingswet, die Statuut van Rome, amptelik uit die Suid-Afrikaanse wetboeke verwyder sal word. Dit sal Suid-Afrika se deelname aan dié hof beëindig.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met internasionale betrekkinge, het Woensdag gesê dit het verder bekend geword dat Afrika-leiers tydens die onlangse beraad van die Afrika Unie (AU) ’n strategie aanvaar het waarvolgens ’n beroep op alle lede van die AU gedoen word om gesamentlik aan die internasionale strafhof te onttrek.

“Sedert die totstandkoming daarvan in 2002 is sake deur dié hof ondersoek en/of aangepak wat met gebeure in verskeie Afrika-lande, maar ook lande van ander vastelande, byvoorbeeld Georgië, Afganistan, Colombië en Palestina te make het,” het Bailey gesê.

“Desnieteenstaande beweer Suid-Afrikaanse parlementslede en verteenwoordigers van ander AU-lidlande dat die hof spesifiek leiers in Afrika teiken. Die Suid-Afrikaanse owerhede se weiering om die omstrede menseregteskender, Soedannese president Omar al-Bashir, in 2015 tydens sy besoek aan die land in hegtenis te neem en aan die strafhof uit te lewer, het aanleiding tot die besluit oor Suid-Afrika se onttrekking gegee.”

Volgens Bailey het die strafhof nog betreklik min sake afgehandel. Waar vonnisse wel gevel is, kan duidelik gesien word dat ʼn onskuldige leier, van watter vasteland ook al, min te vrees het.

Bailey meen die onttrekking aan die strafhof voorspel niks goeds vir die toekoms van menseregte in die land of op die vasteland nie.

“’n Internasionale platform waar oortreders verantwoordbaar gehou kon word gaan hiermee verlore. Dit beteken dat die verpligting wat op die skouers van burgerregte-organisasies rus, soveel groter word. Hulle sal nou meer as ooit teen vergrype moet standpunt inneem, die stem van slagoffers hoorbaar maak en alle moontlike opsies aangryp om oortreders tot rekenskap te roep. Dit is dan ook die rol waarmee AfriForum ons op die nasionale en internasionale terrein besig hou,” het sy gesê.

Dr. Corné Mulder, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor buitelandse sake, het Woensdag gesê Afrika se pad na die internasionale gemeenskap lê juis in groter deelname en betrokkenheid en nie in isolasie en afsondering nie.

“Dit is jammer dat Suid-Afrika met sy leiding en standpunte hom weer eens aan die verkeerde kant bevind van konstruktiewe state wat hulle beywer vir die oppergesag van die reg. Dit is weer eens Botswana en Nigerië wat die morele hoë grond beklee met hul ondersteuning aan die hof. Hierdie besluit van Afrika-staatshoofde is ongelukkig ʼn bewys dat daar geen visie of leiding in belang van die Afrika-vasteland is nie,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

humor ·

As n regering in wese verrot is, is dit eenvoudig net nie in sy vermoe om daarbo uit te styg nie.

jean ·

Nou sal die hele Afrika carte blanche hê om te doen wat hy wil met die wat ‘n struikelblok is……

Andrea ·

Presies! So vergrype soos volksmoord kan onverhinderd voortgaan…

Danie ·

Ek verstaan glad nie hoekom mense so geskok is hieroor nie. Dat was in elk geval net ‘n kwessie van tyd voor dit sou gebeur. Die sondes wat blykbaar deur kolonialisme en apartheid gedoen het was onvergeeflik. Die mense het plaaslik en internasionaal oordadig mee gedoen om elke regering in Afrika onder swart beheer te kry. Die strafhof het nou sy doel gedien en is ‘n struikelblok in die sug om weer terug na die primitiewe wortels te keer. Die mense was tog so naïef in hulle kennis oor Afrika en sommige van sy inwoners. Die spreekwoord “as jy nie wil luister sal jy maar moet voel” sal maar die oë help oopmaak.

Gideon ·

Stem saam met julle hierbo – en nou gaan elke massamoordenaar in Afrika wegkom daarmee.

janneman ·

En wie het dit begin? SA se eie president, want dangaan dit bitter moeilik wees om hom te vervolg vir misdade teen die mensdom na sy ampstermyn…..,hulle slaap wakker in die parlement….

JoeV ·

Nou kan Afrika sy eie integriteit ten toon stel. Kulture verskil immers glad nie volgens moderne standaarde nie en die ontwikkelende wereld behoort trots te wees op die onafhanklikheid wat hier te toongestel word na kolomialisme uitgewis is.

Jan maak n Plan ·

Dis nogal ironies dat die lande waar vergrype van doe mensdom die hoogste is almal graag eerste van die strafhof wil wegloop. In elk geval doen die strafhof ook nie juis veel nie. So ek glo nie dat ding juis sal verander nie.

simon ·

Danie,
Het jou argument drie maal woord vir woord aandagtig deurgelees omdat ek graag die geheime agenda daaragter te wete wou kom.
Ek weet nog net soveel daarna as daarvoor.
Iemand …enigiemand….HELP asseblief

Jan ·

Dit is soos om terug te gaan na die voorvaders. Kies die pad na die verlede. Loop agteruit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.