Ontvoerde baba en sy ma herenig

Azile Skafu Foto: Pink Ladies

Azile Skafu Foto: Pink Ladies

ʼn Ontvoerde baba en sy ma is herenig nadat polisie die vermeende ontvoerder in Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem het.

“ʼn 35-jarige vrou is in hegtenis geneem en sy sal na verwagting in die hof in Paarl verskyn sodra sy aangekla is,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê.

Die twee maande oue Azile Skafu is Vrydagoggend deur ʼn onbekende vrou ontvoer nadat sy ouers vir haar blyplek aangebied het. Hy is Dinsdagmiddag ongedeerd by die vrou se huis in Mbekweni opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.