Ontvoerde baba tydens dwelmklopjag opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Twee maande oue baba wat in Januarie tydens ʼn kaping ontvoer is, is Vrydag by ʼn vrou in Brakpan opgespoor met 14 pakkies methcathinone (cat) in die baba se doek.

“Die polisie het ʼn klopjag op die vrou se huis uitgevoer ná ʼn wenk ontvang is,” het hoofsupt Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, gesê. Die dwelmmiddels het ʼn geraamde straatwaarde van R1 400.

“Die 23-jarige vrou het aan die polisie gesê sy het die baba by ʼn vriend gekry. Die man het aangevoer hy het in Januarie ʼn motor gekaap en toe besef daar is ʼn baba in die motor. Hy wou van die baba ontslae raak en het die baba vir die vrou gegee.”

Kgasago het gesê die polisie kon bevestig dat ʼn saak in Januarie in Springs aanhangig gemaak is nadat ʼn motor met ʼn baba daarin gekaap is. “Die polisie is besig om die familie te kontak.”

Die vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Brakpan verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annatjie Joubert ·

Dankie Vader die baba is gevind
Sluit die ontvoerders toe en gooi die sleutel weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.