Ontvoerde baba veilig terug in ma se arms

Olwethu Madlala (Foto verskaf)

Olwethu Madlala (Foto verskaf)

Olwethu Madlala, die maand oue babaseuntjie wat op 15 April by die departement van binnelandse sake ontvoer is, is veilig terug in sy ma se arms.

“ʼn 25-jarige vrou wat Olwethu vermoedelik ontvoer het, is in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Nonhlanhla Madlala (25), Olwethu se ma, het die vrou in Edendale-winkelsentrum herken.”

Hy is ongedeerd en veilig.

Olwethu is ontvoer terwyl sy ma dokumente vir sy geboortesertifikaat ingevul het. Die verdagte het glo met hom verdwyn nadat sy aangebied het om hom vas te hou. Nonhlanhla het gesê die vrou het ook ʼn doeksak by haar gehad. Sy het Olwethu se melkbottel ook aan die vrou oorhandig.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.