ʼn Bejaarde vrou, wat na bewering deur haar broerskind ontvoer is, is Woensdagaand met ernstige beserings in ʼn verlate motor se kattebak gevind.
Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Vrystaatse-polisie, het gesê die polisie is Woensdag na ʼn huis in Phuthaditjhaba ontbied, waar hulle die vrou se seun aangetref het, wat aangerand is.
“Die seun het beweer ʼn familielid was saam met een van sy vriende by die huis. Hulle het glo die man se 78-jarige ma gegryp en haar in haar wit Toyota Corolla ingedwing, voordat hulle weggejaag het,” het Mophiring gesê.
Die polisie is omstreeks 22:00 na die Matebeleng-nedersetting ontbied. Inwoners het beweer ʼn motor het twee voetgangers raakgery, voordat die voertuig in ʼn botsing met ʼn ander motor betrokke was. Die twee insittendes het glo uit die voertuig gespring en gevlug.
“Die polisie het die verlate voertuig deursoek en die bejaarde vrou, Mapatsi Mirriam Tsotetsi, in die kattebak gevind. Haar oë was geswel en sy het erge beserings oor haar hele liggaam gehad. Sy is na ʼn hospitaal gehaas,” het Mophiring gesê.
Die motief vir die ontvoering is nog nie duidelik nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
As ‘n persoon so-iets aan ‘n familielid doen, wat sal hy aan ‘n vreemdeling doen? Dit lyk vir my of ons mense net al hoe meer barbaars word!!!
Dis absolute barbaarse gedrag! Liewe hemel n weerlose oumatjie was dit regtig nodig om haar so seer te maak! Ek hoop daardie gewetelose mans word gevang en gevonnis en mag hulle n sel deel met geharde kriminele wat hulle so sal hanteer!
Sterkte oumatjie God hou asb n hand oor haar en dra haar op haar pad na herstel.??
Hoop die Tannie sterk gou aan…
Geen respek en gevoel vir hulle (familie) medemens nie. Volgende keer moor hulle. Ek hoop dat hulle aangekeer sal word en ‘n toepaslike straf sal kry.
Geen respek en gevoel vir hulle (familie) medemens nie. Volgende keer moor hulle. Ek hoop dat hulle aangekeer sal word en ‘n toepaslike straf sal kry.