Ontvoerde driejarige met gesin herenig

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige meisie van Oos-Londen is Donderdag met haar gesin herenig, meer as ʼn maand nadat sy glo deur haar oppasser ontvoer is.

Perfect Gift Msesiwe is na bewering op 3 Augustus deur haar oppasser ontvoer. Die oppasser het glo R500 000 geëis vir haar veilige terugkeer. Die vrou (32) is glo van Mosambiek afkomstig en is glo deur ʼn ander groep vrouens gehuur.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan die Daily Dispatch gesê die meisie is Maandag in ʼn dorpie naby Maputo gevind. Volgens Mulaudzi is die oppasser al Vrydag in hegtenis geneem en is twee van haar familielede in Maputo in hegtenis geneem vir die verskaf van skuiling aan ʼn gesteelde kind.

Mulaudzi het gesê die oppasser sal Dinsdag in die Mdantsane-landdroshof verskyn op aanklag van afpersing, ontvoering en mensehandel.

Perfect is Donderdag by die polisiehoofkantoor in Zwelitsha met haar gesin herenig. Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, het die geleentheid bygewoon en gesê die gesin het ʼn stresvolle vier weke agter die rug.

Zolelwa Msesiswe, die meisie se ma, het gesê sy het die afgelope vier weke elke dag gebid vir die veilige terugkeer van haar dogter. “Ek het geweet God sal my nie teleurstel nie. Ek is baie bly om my kind weer te sien.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Uys ·

eerste bewys dat al die nuwe wetgeewing wat daar gestel is om te verhoed dat kinders in en uit die land SA gesmokkel word werk nie.
Hoe is die kind land uit sonder AL dokumente soos vereis om te reis saam met ń persoon wat nie die ouers is nie. Selfs net een ouer moet toestemmingsbriewe en wie weet wat nog by hulle hê om hul eie kind oor die grens te neem.

Anoniem ·

Net nog n manier om toeriste wat geld die land in bring te stop maar die insypeling van die gemors van die buurstate word ongehinderd toegelaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.