Clinton Swart (10) en Samuel Muller (11) wat Dinsdag verdwyn het nadat twee onbekende mans hul in Lansdowne, Kaapstad, opgelaai en met hulle weggery het, is gevind.
“Hulle is opgespoor, maar ons is nog besig om die saak te ondersoek, en kan in die stadium nie meer inligting bekend maak nie,” het kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, Woensdag gesê. Kinana kon nie dadelik sê of die seuns beseer is nie.
Swart en Muller het omstreeks 15:30 voor Lansdowne Fisheries op die hoek van Lansdowne- en Blomvleiweg gespeel toe twee mans by hulle stilgehou, hulle geroep en aangesê het om in die motor te klim.
Volgens ooggetuies het die verdagtes in die rigting van Athlone gery. Hulle het glo ook hul gesigte bedek gehou om hul identiteit te verbloem.
Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.
Maroela
Julle “het” in die derde paragraaf is op die verkeerde plek.
Groete
Dagsê Sandra
Dankie! Ons het die fout reggemaak.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media