Ontvoerde kinders se liggame gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die soektog na twee ontvoerde kinders, onderskeidelik ses en 14 jaar oud, het die naweek tragies geëindig toe hulle liggame die een ná die ander in die noorde van KwaZulu-Natal gevind is.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die twee meisies is Donderdag omstreeks 19:00 in die omgewing van Ulundi ontvoer. Die ontvoerder is glo aan die polisie bekend.

Die sesjarige se liggaam is die volgende dag (Vrydag) in die omgewing van Ulundi gevind. Sy was verwurg en het tekens van aanranding aan haar liggaam gehad.

Die soektog na die 14-jarige het oor die naweek voortgeduur voordat haar liggaam Sondag óók in die omgewing van Ulundi gevind is. Die tiener se liggaam is egter ʼn ent weg van die jonger slagoffer se liggaam gevind.

Mbele sê ʼn man is sedertdien vir ondervraging ingeneem, hoewel niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die meisies se moord nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JM ·

Boosheid seëvier in Suid-Afrika. Dit raak net by die dag erger!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.