Ontvoerde kinders se verkoolde liggame gevind

Foto: ANA.

Die polisie in Gauteng doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die verkoolde oorskot van drie kinders in ʼn uitgebrande motor in Bosplaas-Wes buite Temba in Hammanskraal aangetref is.

Dié gru-ontdekking is deur verbygangers gemaak wat ʼn uitgebrande voertuig in die bosse opgemerk en die liggame gesien het nadat hulle gaan ondersoek instel het. Hulle het die polisie Dinsdag teen 14:00 in kennis gestel.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van twee van die kinders se 40-jarige pa is aangetref waar hy in sy huis in Mathibestad gehang het nadat die polisie na hom gaan soek het.

“Die kinders se ma het hulle op 31 Desember as ontvoer aangemeld. Sy het aangevoer die kinders se pa het die hulle ontvoer toe sy nie teenwoordig was nie en het gedreig om hulle dood te maak,” het Makhubela gesê.

Die twee seuns, onderskeidelik vier en 12 jaar oud, was die kinders van die 40-jarige man en die 30-jarige ma. Die derde slagoffer, ʼn driejarige seuntjie, was ʼn familielid van die ma.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adri ·

Soos dit hier geskyf staan, klink dit of die ma gedreig het om hulle dood te maak.

Ena ·

Lees reg….die MA het hulle gaan aangee as vermis…ontvoer….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.