Ontvoerde KZN-dosent dood gevind

Shan Dwarika

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Shan Dwarika, ʼn dosent in elektriese ingenieurswese aan die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie (MUT) in KwaZulu-Natal.

Dwarika (61) se liggaam is Saterdag in ʼn veld naby die Inanda- informele nedersetting gevind nadat sy voertuig op 28 Mei gekaap en hy ontvoer is.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het gesê daar word na minstens nog twee verdagtes gesoek wat glo by die ontvoering en moord op Dwarika betrokke was.

Prof. Marcus Ramogale, waarnemende visekanselier van MUT, het gesê Dwarika het sy hele lewe daaraan toegewy om ʼn positiewe invloed in die lewe van mense in histories benadeelde gemeenskappe uit te oefen.

“Hy was 26 jaar lank by MUT en het elke dag vanaf Verulam na die kampus gery en altyd langer gebly om studente te help. Dit is skandelik dat hy op hierdie manier vermoor moes word.”

Volgens Dwarika se kollegas het hy ʼn positiewe lewensuitkyk gehad en was lief vir sy gesin. “Hy was lief vir sy familie en kleinkinders net soos hy die studente met sy hele hart liefgehad het.”

Berading sal deur die universiteit aan Dwarika se familie, kollegas en studente verskaf word. Ramogale het gesê verteenwoordigers van MUT sal Dwarika se gesin so gou moontlik besoek.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het ook sy hartseer oor die voorval uitgespreek. “Ek veroordeel hierdie barbaarse en skandelike daad teen Dwarika.” Nzimande sal Dwarika se naasbestaandes vandag besoek.

Dwarika is die laaste keer gesien waar hy herstelwerk aan sy eiendom in Sea Cow Lake gedoen het. Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wys hoe drie mans Dwarika agter in sy voertuig gedwing het voor hulle weggejaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Di ·

Ons sal dit nie kan stop nie – Kriminele en Taxi’s het die land oorgeneem. Regering moes LANKAL aksies geneem het, dis nou te laat

Goldy ·

Eenvoudig. Onderhandel vir onafhanklikheid dan kan gemeenskappe hulself verdedig want die ANC kan en gaan nie.

ES ·

Ons land se mense word uitgemoor want daar is geen afskrikmiddel vir misdadigers nie. Ons rehabiliterende gevangenisstelsel is heeltemaal nutteloos want ‘n krimineel bly ‘n krimineel.

Anel ·

Hoe lank gaan hulle op die trein ry van voorheen benadelede of histories benadeeldes? Die spul wat nou op skool en universiteit is is lankal nie meer benadeeldes nie!! Dit is gewoon misdadigers,! Hoeveel van die ander bevolkings groepe word nou erger benadeel en down hulle sulke gruwels? Wat van die Afrikanervolk wat deur die engelse uit gemoir en in konsentrasiekampe gestop is? Het hulle na die oirlog in sak en as gaan sit en van die engelse regeting SASSA ge eis? Nee, met swaarkry en skouer aan die wiel is die land op gebou tot ‘n vooruitstrewende eerste wêreld land. Maar in 29 jaar is dit afgebreek, afgebrand, werklisheid fier hoog gety, alles moet verniet wees, en so kan ek aan gaan. Die wat goed doen word uitgemoor deur die ontvangers! Sterkte aan die familie!

Delia ·

Al so moeg van die woorde…hartseer, veroordeel skandelik en al die afgedaagde ou woorde nadat n produktiewe lid van die samelewing vermoor is. Hierdie tannie mag nie lelike woorde gebruik nie, maar my mooi woorde om my afsku te beskryf…daai woorde is op

Vanessa ·

Liewe hemel, vat dan net die man se voertuig en spaar sy lewe. Ons is so moeg vir misdaad wat gepaard gaan met moord. Waarheen gaan Suid-Afrika!!!!

Goldy ·

Waarom kry hierdie onnodige en tragiese moord nie die aandag van die polisie en ander media as ‘n rasgedrewe aanval nie?

Pierre ·

net in SA is moord net n syfer, hier skok dit ons as daar nie daagliks moord in die nuus is nie

JohanR ·

In die land het ons rerig gedink die man sal weer lewend gevind word!!!!!!!!!!

Skappie ·

Sterkte aan sy gesin en vriende kring en almal wat hom geken het. Mag onse Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd dra.

Jacobus ·

Dan spog Cele by n GBV waar vroue saamgetrek het dat die ANC REGERING in 2014 14000 gevangenis vrygelaat het en in 2019 nog 18000. Wat verwag n mens dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.