Ontvoerde laerskoolleerder gevind

skool-skoolskoene-onderwys

(Argieffoto ter illustrasie.)

Die 11-jarige leerder van die EP Baumann Primary School in Mayfair, Johannesburg, wat op 17 November verlede jaar glo deur drie onbekende mans voor dié skool ontvoer is, is opgespoor.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het die nuus Woensdag aan Maroela Media bevestig en sê beamptes is besig “om verdere inligting te verwerk”.

Hy kon geen verdere besonderhede verskaf nie en sê dat ʼn verklaring binnekort uitgereik sal word.

Luidens ʼn inskrywing op sosiale media is die kind “vrygelaat” en in die “suide van Johannesburg gevind”. Dit kon egter nie deur die polisie bevestig word nie.

Dit is dus onduidelik waar, hoe, of in watter toestand die kind gevind is. Dit is ook nie duidelik of daar ’n losprys vir haar vrylating geëis of betaal is nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die meisie omstreeks 07:11 voor haar skool gewag het om teen Covid-19 ontsmet te word toe die mans haar met ʼn vuurwapen gedreig en ontvoer het.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het destyds in antwoord op Maroela Media se navraag oor die voorval gesê die polisie kan nie enige inligting in verband met ontvoerings gee nie aangesien dit moontlik die lewe van die slagoffer in groter gevaar kan stel.

Die skool het op sy beurt benadruk dat dit ʼn beplande en geïsoleerde voorval was en dat veiligheidsmaatreëls opgeskerp is om die res van die leerders by die skool te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Perdeby ·

Gaan seker maar dieselfde eindig as die Moti broers. Dis hoekom ek geen vermiste persoon post of versoeke steun om sosiale media nie, want jy doen al die moeite, en dit vir ‘n ondankbare antwoord terug.

Misky ·

Ek kan nie glo die storie was so stil vir 2 maande nie. Ek sou my verstand verloor het en dit elke dag in publiek bekend gemaak het. Nietemin bly sy is veilig en lewend tuis.

FM ·

Ag nee man!!!!!!!!!!

11 jr oud, ontvoer en 2 MAANDE op niemand aangewese!!!!!!

Ek sou so waaragtig my kop verloor het indien dit my kleinkind was.

Mag sy tog seblief hierdie aaklige insident positief verwerk.

marius ·

Tensy die spesefieke gemeenskappe nie losprys op ontvoerders se koppe sit nie , gaan dit net toeneem . Hou maar dop .

SWAREB1962 ·

Skoliere moenie buite hekke wag, daar moet genoeg same spasie binne skool tereine gegee word sodat hul lewens nie in sulke gevaar beland nie.
Skole moet wakker skrik en meer moet gedoen word om skole gereeld en onverwags te besoek deur Lesufi en sy trawante.

ete veel kids se lewens word ook nog bedreig deur pit toilette, geen klaskamers, geen personeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.