Ontvoerde leerder gevind

Lindokuhle Masuku.

Die graad 8-leerder wat Dinsdag by die hek van die Queen High School in Johannesburg ontvoer is, is gevind.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het Woensdagoggend bevestig Lindokuhle Masuku is by die Maponya-winkelsentrum in Soweto gevind.

Volgens Mabona is die omstandighede rakende Lindokuhle se terugkeer egter in dié stadium onduidelik. Die departement is wel in verbinding met die polisie en beloof om later meer inligting bekend te maak.

Maroela Media het vroeër berig Lindokuhle het gister by die hek vir ’n saamrygeleentheid gewag toe hy ontvoer is. Daar is later beweer dat sy ontvoerders ʼn losprys van R5 miljoen vir sy vrylating geëis het.

Daar is egter steeds geen spoor van die graad 8-leerder van die Lantern- remediërende skool, ook in Johannesburg, wat Maandag as vermis aangemeld is nie. Volgens Missing Children SA was die 13-jarige Kate Mpho Spies nie meer by die skool toe haar pa haar wou oplaai nie.

Die polisie ondersoek ook die omstandighede rakende dié voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

madels ·

Baie bly hulle het hom gevind. Ek weet nie hoe hanteer n ouer dit as n kind ontvoer is nie, ek sal mal word!

Genis ·

Dis verskriklik hoe kinders geteiken word? Waar is die Christelikke waardes? Die liewe Vader se vir jou, los die kinders uit, dis myne…

Leon ·

Sodra die media betrokke raak, word die wereld te warm. Dan lat hulle die gysellar vry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.