Ontvoerde Limpopo-baba gevind

Die babaseuntjie wat ongedeerd gevind is. (Foto: Verskaf deur SAPD)

ʼn Twee maande oue babaseuntjie van Mokopane in Limpopo is teruggevind meer as twee weke nadat hy ontvoer is. Twee verdagtes is in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê ʼn hoëvlak-taakspan wat onverpoosd gewerk het om die seuntjie op te spoor ná sy ontvoering, het ʼn geheime operasie gister in Polokwane en die omgewing uitgevoer.

“Tydens die operasie is die vermeende ontvoerder, ʼn 17-jarige vrou, en haar 23-jarige kêrel by die Ga-Mphela-nedersetting buite Polokwane in hegtenis geneem. Die babaseuntjie is ongedeerd in hul besit gevind,” het Ngoepe gesê.

Volgens hom is die seuntjie reeds deur sy ma uitgeken, maar sal DNS-toetse gedoen word om amptelik te bevestig dat dit wel die ontvoerde seuntjie is.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie was ses weke oud toe hy op 28 Maart uit die Mokopane-winkelsentrum ontvoer is. Die kind se 24-jarige ma het ʼn onbekende vrou in die sentrum ontmoet en hulle het saam inkopies gedoen.

Die onbekende vrou het in ʼn stadium die baba vasgehou terwyl hulle in ʼn supermark was en het ongesiens met die seuntjie verdwyn.

Die twee verdagtes sal môre in die Mokopane-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die taakspan geloof wat die baba opgespoor en die verdagtes vasgetrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jennefer ·

Want nou het jy vinnig n baba en kan aansoek doen vir “grant” omdat dit nie jou eie is nie, hoef jy ook nie te veel van die “grant” op hom te spandeer nie????

Abe ·

jennefer,
Jy is seker reg. Mar ek weet darrem nie. Hoeveel is n grant? Is dit die moete werd, en die risiko dat jy gevang word en die verantwoordelikheid en jou gewete. Dan wonder ek nog; watse soort mens doen dit? Het dit iets met jou kultuur te doen?

Want ·

Nou kan jy by die straat hoek bedel en almal sal geld gee want kyk jy’t dan n baba, arme vrou.

Abe ·

Want,
Ja, wys jou net die kwaliteit van mense waarmee ons.moet saamleef.

Wilma ·

Abe dis feite. Jong meisies kry babas vi grant. Hul wili grant op baba spandeer ni ma dis vi drank en drugs. Ons bly saam bose mense ini land

GM ·

Ek is bly die baba is ongedeerd gevind, maar as jy ‘n dagmoeder/skooltjie soek vir jou kind, gaan laai jy hom/haar net by die eerste huis/skool af, of gaan doen jy eers jou huiswerk oor die persoon/skooltjie?
Hoe gee ‘n ma haar baba vir ‘n onbekende vrou in ‘n winkelsentrum? Veral in vandag se tyd waar kinders so ontvoer, verkrag en vermoor word. Kla die ma ook sommer aan.

Leser ·

Ek is verstom dat mense nogsteeds deur die slenter gevang word. Mens lees hoeveel keer van sulke gevalle, maar lykmy die ma’s wil nie leer nie. Dankie tog haar seuntjie is veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.