’n 22-jarige man wat Saterdag ontvoer is se liggaam is Dinsdag in die Kliprivier naby Ladysmith, KwaZulu-Natal, gevind.
’n Soek-en-reddingspan het Dinsdag vroegoggend op die man se liggaam afgekom. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en is ernstig aangerand.
Volgens kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, is die man Saterdag uit die Steadville-omgewing in Ladysmith ontvoer.
Hy is glo vroeër deur sewe mans daarvan beskuldig dat hy ’n motor in dié dorp gesteel het waarna hy deur hulle aangerand is. Gemeenskapslede het die slagoffer se hulpkrete gedurende die aanranding gehoor en hom te hulp gesnel.
Gwala vertel dat die gemeenskapslede een van die sewe verdagtes getakel het waarna geweerskote afgevuur is om die gemeenskapslede af te skrik. Die ander verdagtes het egter gedurende die chaos met die slagoffer op die vlug geslaan.
Die polisie het gevolglik inligting ontvang dat die slagoffer vermoor en in die rivier gegooi is.
Een van die verdagtes (36) is sedertdien in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die Ladysmith-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en ontvoering.
Al die ander verdagtes is steeds op vrye voet.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Bernard ,
ek merk nie dat jy `n soortgelyke opmerking gemaak het op die berigte waar die Bloemfontein boere vir soortgelyke kriminaliteit aangekla word nie . waarom is dit ?
Na aanleiding van die berig kan ek ‘n duidelike afleiding maak.
Swart op swart, so daar word nie geraas gemaak daaroor! En daar sal nie veel van kom.
Mag zet se punt is presies wat hy se. Swart op swart en geen haan gaan daaroor kraai nie
Die is onmenslik en Bheke Cele moet hierdie (boendoe hof) ding uitwis die mense mag nie gereg in eie hande neem nie of hy staan pa of hy kry die verantwoordelik.