Ontvoerde man dood gevind

plaas-polisie-veld

Argieffoto

’n 22-jarige man wat Saterdag ontvoer is se liggaam is Dinsdag in die Kliprivier naby Ladysmith, KwaZulu-Natal, gevind.

’n Soek-en-reddingspan het Dinsdag vroegoggend op die man se liggaam afgekom. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en is ernstig aangerand.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, is die man Saterdag uit die Steadville-omgewing in Ladysmith ontvoer.

Hy is glo vroeër deur sewe mans daarvan beskuldig dat hy ’n motor in dié dorp gesteel het waarna hy deur hulle aangerand is. Gemeenskapslede het die slagoffer se hulpkrete gedurende die aanranding gehoor en hom te hulp gesnel.

Gwala vertel dat die gemeenskapslede een van die sewe verdagtes getakel het waarna geweerskote afgevuur is om die gemeenskapslede af te skrik. Die ander verdagtes het egter gedurende die chaos met die slagoffer op die vlug geslaan.

Die polisie het gevolglik inligting ontvang dat die slagoffer vermoor en in die rivier gegooi is.

Een van die verdagtes (36) is sedertdien in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die Ladysmith-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en ontvoering.

Al die ander verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

legens ·

Bernard ,
ek merk nie dat jy `n soortgelyke opmerking gemaak het op die berigte waar die Bloemfontein boere vir soortgelyke kriminaliteit aangekla word nie . waarom is dit ?

BLOM ·

Na aanleiding van die berig kan ek ‘n duidelike afleiding maak.

ZET ·

Swart op swart, so daar word nie geraas gemaak daaroor! En daar sal nie veel van kom.

Mag ·

Zet
Jou punt is wat? Wit of swart die tipe goed behoort nie in vandag se tye te gebeur nie en daar is hopeloos te veel gevalle waar die gemeenskap of veronregtes die wet in eie hande neem en daarmee wegkom. Geen wonder ons land is in die gemors wat dit is nie.

SjN ·

Stem saam Z, Mag, wet en orde word of kan nie uitgevoer word nie, dit is hoekom dit in eie hande geneem word.

Dries du Toit ·

Mag zet se punt is presies wat hy se. Swart op swart en geen haan gaan daaroor kraai nie

Michelle ·

Die is onmenslik en Bheke Cele moet hierdie (boendoe hof) ding uitwis die mense mag nie gereg in eie hande neem nie of hy staan pa of hy kry die verantwoordelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.