Ontvoerde man se lyk gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 35 jaar oud, sal Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn nadat die verkoolde liggaam van ʼn 60-jarige man Sondag naby Middelburg in Mpumalanga gevind is.

Lt. kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Saterdag omstreeks 23:00 by ʼn begrafnisondernemer in die Mmakau-nedersetting naby Pretoria ontvoer.

“Die verdagtes het die slagoffer glo in een van die begrafnisonderneming se voertuie gelaai en met hom weggery. Die saak is by die polisie aangemeld en hulle het ondersoek ingestel,” het Makau verduidelik.

Die man se verbrande liggaam is die volgende dag tussen bosse in die Somaphepha-nedersetting naby Middelburg gevind. Die oorsaak van die slagoffer se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Die begrafnisondernemer se gesteelde voertuig is ook teruggevind.

ʼn Taakspan van die polisie het kort daarna die twee verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes sal op aanklagte van sakeroof, ontvoering en moord in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Ek wonder hoeveel mense in die ouderdomsgroep 20 – 45 is nog nie ‘n misdadiger van ‘n soort nie. Wat word van Suid-Afrika???? Wie is al hierdie mense wat ander mense eenvoudig nie die lewe gun nie??? Waarom voel die mense hul het die reg/”guts” ens. om sulke goed te doen?? Hoor iemand die hulpgeroep van ‘n land se inwoners wat glo aan reg en geregtigheid en ‘n “normale”lewe??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.