Ontvoerde meisie gered danksy vinnige optrede

Argieffoto

ʼn 14-jarige meisie is veilig ná ʼn ontvoering gevind, danksy vinnige optrede deur die polisie in Limpopo.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê genl.maj. Samuel Mokgonyana, bevelvoerder van die Seshego-polisie, het Sondag ʼn taakspan ontplooi ná hulle ʼn wenk ontvang het van die lede van die gemeenskap waar die slagoffer dalk kan wees.

“Die meisie is in ʼn plakkershut in Seshego gevind. ʼn 37-jarige verdagte het van die toneel gevlug, maar hy is vroeg vanoggend aangekeer waar hy ook in Seshego weggekruip het,” het Ngoepe bygevoeg.

Die meisie is verlede week as vermis aangemeld deur haar gesin toe sy nie teruggekeer het huis toe nie. ʼn Voorlopige ondersoek het onthul die verdagte, wat aan die slagoffer bekend is, het haar herhaaldelik verkrag tydens die periode wat sy by hom was.

“ʼn Saak van verkragting en ontvoering is teen die man aanhangig gemaak. Hy sal binnekort in die Seshego-landdroshof verskyn.”

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die bevelvoerder en sy span geloof vir hul vinnige optrede in ʼn ingewikkelde saak.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Naomi Berger ·

Mag hy hard ,deeglik en lank gestraf word.en im die gevangenis sy beloning vir sy dade by herhaling ontvang.
Sies sy is maar 14 jaar oud.
So jammer vir jou my kind.

Kobus ·

Ons leef in die sg. Beskaafde wereld waar slegs die ” doodstraf” as onbeskaafd beskou word. Bekamping can geweldadige misdaad reen vrouens en kinders word omskep in ” politieke rally’s) en strawwe is nie voldoende nie.

Child ·

Sorry girl; your life hasn’t even started yet and your innocence has been taken away. You are scarred for the rest of your life. We can only pray for you.

Willie ·

Dis baie erg, dis n kind, jy verwoes haar lewe… mag jy swaar gestraf word! Uit die sameleweing vir ewig verwyder word..

$ ·

‘Vinnige optrede’ maar ongelukkig nie vinnig genoeg om haar die hartseer en trauma van verkragting te spaar nie ????

HESTER ·

Gee hom terug aan die gemeenskap Laat hulle hulle ie wette toepas.

Frank ·

Man, ek begin ook al hoe meer dink dat boendoe howe die regte rigting in ons land is, ons sit mos in Afrika! Die huidige howe kan dit nie meer hanteer nie, net te veel sake.
Ook lyfstraf deur die polisie moet teruggebring word in geval van gewone diewe. Sit sy detail op databasis, gee hom ‘n baie goeie pakslae en laat hom gaan. Geen langdradige hofsake en tronkstraf wat net geld kos en plekke in die tronke vat nie.

Attie. ·

Ek hoop maar net dat China eendag die doodstraf terugbring in SA.

lanie ·

Sny af en soom om. Sit hom in die tronk by geharde misdadigers. B

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.