Ontvoerde Pta-sakeman ná 137 dae vrygelaat

Omar Carrim (76)

Omar Carrim (76), die sakeman van Pretoria wat in Augustus ontvoer is, is ná 137 dae met sy gesin herenig.

Yusuf Abramjee, teenmisdaad-aktivis, het gesê hy kan die vrylating van Carrim bevestig. “Hy is Maandagaand omstreeks 22:30 in Olifantsfontein vrygelaat,” het Abramjee gesê.

Maroela Media het vroeër berig Carrim is op 3 Augustus ontvoer kort nadat hy sy onderneming, Home Hyper City in Pretoria se middestad, verlaat het. Hy was op pad na sy huis in Laudium, maar het nooit daar opgedaag nie. Die sakeman se uitgebrande motor is die dag nadat hy verdwyn het naby Erasmia gevind.

Carrim is ná sy vrylating in ʼn hospitaal – geen besonderhede is verstrek nie – opgeneem waar hy mediese behandeling ontvang. “Ons versoek privaatheid. Kom ons gee die slagoffer en sy familie tyd en ruimte om van die beproewing te herstel,” het Abramjee gesê.

Abramjee het gesê die Carrim-familie het familielede, vriende en die gemeenskap bedank vir al die ondersteuning en bystand sedert Carrim verdwyn het. “Ons is baie dankbaar teenoor almal en ons wil graag die Here bedank omdat hy ons vader en broer aan ons terugbesorg het. Dankie vir al die gebede en die morele ondersteuning van die publiek,” lui ʼn boodskap van die familie.

Abramjee het ook sy dank teenoor die wetstoepassers uitgespreek.

Die gesin wou nie onmiddellik verder kommentaar kewer nie. “Ons is net dankbaar hy is veilig terug.”

Die polisie kon nie onmiddellik bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

wilma ·

Wonderlike nuus! Kom ons vertrou op dieselfde vir die 2 Mooinooi-dames.

Koos B ·

Dit is nou goeie nuus ons het al met hom te doen gehad hy is altyd behulpsaam en vriendelik.

Karinda ·

Dit is wonderlike nuus dit gee mens hoop dat die Mooinooi vrouens ook gevind word.

Hettie ·

Dankie tog hy is terug! Wonderlik nuus! Want ek ken hom en sien hom gereeld by materiaal winkel. Hy is baie vriendelik en behulpsaam.

Lientjie ·

Jy het hom seker lanklaas gesien?? Ek wonder net of daar iemand by hom was toe hulle hom terug gekry het. Nerens word daar melding gemaak nie. Net soos die prokureur van Roodepoort hy is gekry in Bloemfontein en die familie wil nie nou gepla word nie. Dis jammer dat ons publiek altyd met afskeep berigte moet tevrede wees!

Lientjie ·

Jy het hom seker lanklaas gesien?? Ek wonder net of daar iemand by hom was toe hulle hom terug gekry het. Nerens word daar melding gemaak nie. Net soos die prokureur van Roodepoort hy is gekry in Bloemfontein en die familie wil nie nou gepla word nie. Dis jammer dat ons publiek altyd met afskeep berigte moet tevrede wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.