Bevestiging is volgens Gift of the Givers ontvang dat Shiraaz Mahomed, die Suid-Afrikaanse fotojoernalis wat in Sirië ontvoer is, steeds leef.
Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, het gesê die organisasie se taakspan in Sirië werk onverpoosd om Mahomed op te spoor. “Die taakspanlede in Sirië en Turkye het die afgelope drie dae baie hard gewerk en dit was baie produktief. Ons pogings om verdere vordering te maak, word in die wiele gery deur lugaanvalle en interne verdeeldheid tussen sekere groepe.”
Sooliman het gesê ondanks die talle uitdagings, het hulle mense in Sirië gekry wat kon bevestig dat Mahomed steeds leef. “Hulle het ook bevestig watter groep hom aanhou en hulle weet waar hy aangehou word.”
Volgens Sooliman het hulle ook by ander bronne bevestig die inligting is geloofwaardig. “Ons sal na verwagting in die volgende 48 uur nog inligting kry. Ons het ʼn baie beslissende plan en sal dit uitvoer indien nodig. Ons wil dit egter nou diplomaties en vriendskaplik probeer oplos, aangesien niemand regtig verstaan hoekom Shiraaz ontvoer is nie. Dit is moontlik ʼn geval dat hulle gedink het hy is iemand anders en daarom gee ons nou meer tyd vir die prosesse om te ontvou in Shiraaz se belang.”
Sooliman het gesê hulle het Mahomed se skootrekenaar en kamera. Mahomed is op 10 Januarie, omstreeks 15:45, naby die Al Hilal-hospitaal ontvoer. Mahomed en twee hulpwerkers is met ʼn vuurwapen gedreig en geblinddoek voordat hulle in ʼn motor ingedwing is. Die hulpwerkers is later vrygelaat.
Waar daar lewe is, is daar altyd hoop. Vertrou hy is gesond. Moet traumatiese ondervinding wees. Sterkte
Hy is gereeld in my gebede. Ek glo als sal goed afloop.
Sal graag wil wonder wat soek hy daar in eerste plek!!!!Geen simpatie.
Wel as “mense soos hy” nie soontoe gaan nie gaan die res van die wêreld nie weet wat aangaan nie.
Ai Ian dis mense soos jy wat my my kop in skaamte laat sak. Die man het sy werk gedoen dis hoekom hy daar was. So moet niemand met jou simpatie he as jy eendag oppad werk toe gekaap word nie want wat het jy daar gedoen in die eerste plek. Regtig!!!
We’ll, Ian, hy is ‘n joernalis. Wat beteken hy was daar om sy werk te doen. Wat ‘n sinnelose opmerking om te maak. Werklik. *Skud my kop*