Ontvoerde sakeman in veld gevind

Argieffoto

Die sakeman van Polokwane wat Saterdagaand tydens ʼn huisrooftog ontvoer is, is Sondagoggend vasgebind en geblinddoek in ʼn veld buite die stad gevind.

Die man was ongedeerd.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die man en sy werknemers is Saterdag omstreeks 21:30 by sy huis deur rowers oorval. Die rowers het vuurwapens op hulle gerig en hulle gedwing het om op die grond te lê. “Die rowers het die slagoffers se selfone geroof, die sakeman in sy Porsche-voertuig ingedwing en met hom weggejaag,” sê Ngoepe.

Die motor is later verlate gevind naby Ivy Park in Polokwane.

ʼn Polisieoperasie is onmiddellik van stapel gestuur om die ontvoerde man op te spoor en hy is uiteindelik Sondagoggend in die veld, ʼn paar kilometer buite Polokwane gevind. “Die verdagtes het ʼn onbevestigde bedrag geld uit die man se bankrekening onttrek voordat hulle hom in die veld gelos het,” sê Ngoepe.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting wat tot die opsporing van die verdagtes kan lei, word versoek om kol. Linky Mathebula by 064 756 8218 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel. ʼn SMS kan ook na die misdaadhulplyn gestuur word by 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

willem Botha ·

Die polisie kan leer by die kriminele se innovasie en passie waarmee hulle hul kriminele aktiwiteite aanpak ,of is die kriminele slimmer en meer gemotiveerd?

Linda van Wyk ·

Boewe is altyd ‘n kort koppie voor met hul inoverende planne.

sweis ·

Hoe dieper die polisie in sak in hoe meer gaan die kriminele uitstyg.

Michael ·

Hierdie is nie verdag nie. Hierdie is die norm van ons samelewing. Hierdie is A N C kaders, dit is hoekom hulle A N C stem. dit is waarvoor die A N C staan (geweld) .As dit nie so was nie sal die A N C lank al iets omtrent geweld gedoen het, want dit is stemme vir hulle. Wys jou hulle voel net mooi vere wat in die land aan gaan. Kan iemand my verkeerd bewys? ASB.

HPV ·

Michael, jy is reg. Geweld word daagliks deur die eff en blf aangehits en die anc regime se stilswye is ‘n teken van hul goedkeuring. Geweld en misdaad lei ook die aandag van die anc se onvermoë af, so dit pas hulle.

Helena. ·

Jy is so reg. Solank die land deur ANC regeer word sal geweld seëvier. Daar word niks aan gedoen nie..dit word net erger.

Michael ·

Santjie as hulle vir enige ander party stem sal hulle nie kan tekere gaan soos nou nie. Hulle weet die swak regstelsel wat S A het bevoordeel die krimineel. Ek praat nie eers van die eff en blf nie want hulle regeer nie. As enige ander party moet regeer sal hulle die stelsel verander wat die mense van die land sal beskerm.en dit is wat die anc nie doen nie, nou ek laat my nie vertel dat daardie klomp in die regeering nie die goed raak sien nie. Dink dit is regtig tyd vir n nuwe regeering Die anc het nou regtig vir die wereld gewys. waarvoor hulle staan (EEN GROOT FLOP)

Arthur van Zyl ·

…..en die sakeman is lewend gevind, en almal lewer negatiewe kommentaar. Wat van dankie SAPD en ander rolspelers wat die persoon gevind het, sodat sy familie nie ook by n oop graf hoef te staan om afskeid te neem nie?

GM ·

Theuns, ek dink die meeste mense is al so gewoond daaraan om te lees dat ‘n lyk gevind is as ‘n persoon ontvoer is, dat dit sommer net verdag voorkom as dit die dag nie die geval is nie.
Gelukkig het dié storie ‘n goeie einde.

Santjie, die meeste stem vir die ANC want hulle word gedreig dat hul voorvaders hul gaan verlaat as hul nie doen nie. Die kanse is dus bittergroot dat Michael reg is met sy aanname.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.