‘Ontvoerde’ sakeman terug in SA

images (6)ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat deur intelligensie-owerhede in Pakistan aangehou is, is veilig terug tuis berig eNews Channel Africa (eNCA). Daar is aanvanklik gedink dat Arshad Ali ontvoer is.

Ali het Vrydag in Suid-Afrika aangekom. Hy was verlede maand op pad na die Lahore-lughawe in Pakistan om terug te keer na Suid-Afrika toe hy glo deur vier mans voorgekeer en in ʼn wit dubbelkajuit-bakkie ingedwing is. Ali het aan eNCA gesê daar is ʼn sak oor sy kop gesit voor hy in die bakkie ingedwing is. “Toe hulle my in hegtenis geneem het, het hulle my nie regtig in hegtenis geneem nie maar gekaap.” Ali, wat in Pakistan gebore is, sê hy weet nie hoekom hy in hegtenis geneem is nie. Hy sê hy is in ʼn kamer aangehou en het twee keer per dag kos gekry. Volgens eNCA is Ali verlede week vrygelaat. Hy is glo in ʼn afgeleë straat in Lahore afgelaai en gesê om sy weg terug huis toe te vind. Ali het aan eNCA gesê hy soek antwoorde van die Pakistan en Suid-Afrikaanse owerhede oor hoekom hy aangehou is sonder regsverteenwoordiging en hy nie sy familie mag gekontak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Mnr Ali kan bly wees hy is nie n Christen nie ,want dan sou hy ook al keelaf gesny gewees het.
En ons is te bly om teen daardie mense KRIEKET TE SPEEL !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.