Ontvoerde SA’ner in Al-Kaïda-video

[OPVOLG] Gift of the Givers het die gyselaarsvideo wat uitgereik is op YouTube beskikbaar gestel. Volgens die organisasie is daar nie klank op die video wat in hul besit is nie, maar het hulle toegang tot ʼn transkripsie van die klank op die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Skermgreep uit die video wat in Julie 2017 uitgereik is as bewys dat die Suid-Afrikaner Stephen McGown, wat al sedert 2011 in Mali gyselaar gehou word deur Al-Kaïda, nog leef.

ʼn Groep wat bande met Al-Kaïda het, het Saterdag ʼn video uitgereik as bewys dat ses gyselaars, onder wie die Suid-Afrikaner Stephen McGown, nog leef.

Die video is bekendgemaak kort voor die Franse president se aankoms in Mali vir ʼn teen-terreur beraad. Die nuutgevormde groep, Nusrat al-Islam wal Muslimeen, het die video Saterdag bekendgestel. In die video kan McGown gesien word saam met Elliot Kenneth Arthur van Australië, Iulian Ghergut van Romenië, Beatrice Stockly van Switserland, Gloria Cecilia Narvaez van Colombië en Sophie Petronin van Frankryk.

ʼn Stem op die video sê: “Geen werklike onderhandelinge het nog begin om jul kinders te red nie.” Die stem noem ook Emmanuel Macron, Frankryk se president, en sê Petronin “hoop dat die nuwe Franse president tot haar redding sal kom”.

Macron sou na verwagting vandag met vyf staatshoofde in Mali vergader om steun te werf vir ʼn multinasionale mag van 5 000 om ekstremisme in die gebied te beveg.

ʼn Video is in Maart uitgereik om die stigting van Nusrat al-Islam wal Muslimeen aan te kondig. Die groep het ook verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn aanval verlede maand op ʼn oord buite Mali se hoofstad waarin minstens vyf mense dood is.

Talle mense is die afgelope paar jaar in Mali as gyselaars aangehou. McGown op 25 November 2011 saam met ʼn Sweed, Johan Gustafsson, in Timboektoe gevange geneem. Gustafsson is verlede maand nadat hy langer as vyf jaar gevangene gehou is, uiteindelik vrygelaat. Daar is egter nog geen aanduiding dat McGown se vrylating binnekort bewerkstellig sal word nie.

Gift of the Givers, Suid-Afrika se rampverligtingsorganisasie wat deur McGown se familie aangestel is om oor sy vrylating te onderhandel, het vroeër gesê hulle kon sedert die mans gevange geneem is daarin slaag om die losprys van 20 miljoen euro na 8,5 miljoen euro te verminder. Dit is nietemin steeds ʼn bedrag wat McGown se familie nie kan bekostig nie.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.

https://youtu.be/AnasmdmK_wo?t=3m

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Geen werklike onderhandelinge is nog begin nie? …….. Hierdie berig is ernstig te betwyfel wanneer ek kyk na die absolute respek en opkyk na die blanke bevolking in hierdie land. Die regering weet tog dat die blanke die land laat oorleef en dit is waarom ons so respekteer word!

Dina ·

Slim mense lees tussen die lyne. Ons almal weet tog dit is sarkasties bedoel? ?

jaco ·

Aan sy naam is dit duidelik dat hierdie man nie n moslem is nie. Tog gaan werk hy in ‘n gevaarlike moslimland vir Gift of the Givers, wat deur moslems beheer word. Ek weet ons leef in taai ekonomiese tye UK SA en regstellende aksie keer ook wit SA mans om goeie werk te kry, maar daars tog sekerlik ‘n hele paar rooi ligte wat jy moet raaksien as so ‘n werksaanbod na jou toe kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.