Ontvoerde SA’ner in Mali vrygelaat

ʼn Skermgreep uit die video wat in Julie 2017 uitgereik is as bewys dat die Suid-Afrikaner Stephen McGown, wat al sedert 2011 in Mali gyselaar gehou word deur Al-Kaïda, nog leef.

Stephen McGown, die Suid-Afrikaner wat byna ses jaar lank deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou is, is vrygelaat.

McGown is op 25 November 2011 in Timboektoe gevange geneem. Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Donderdag bevestig McGown is op 29 Julie vrygelaat.

Nkoana-Mashabane was egter vaag oor hoe presies McGown se vrylating bewerkstellig is.

“Die familie, die regering en al die mense van Suid-Afrika het sedert [McGown gevangene geneem is] geveg vir sy vrylating. Ons is bly om aan te kondig dat hierdie poging uiteindelik gelei het tot sy vrylating op 29 Julie 2017,” het sy gesê. Sy het beklemtoon dat die Suid-Afrikaanse regering nie lospryse vir gyselaars betaal nie.

Die Suid-Afrikaner Stephen McGown wat al sedert 2011 in Mali gyselaar gehou word deur Al-Kaïda (Skermgreep uit ‘n vorige video wat vrygestel is as bewys dat hy nog leef)

McGown se vrylating kom net meer as ʼn maand nadat sy mede-gevangene, die Sweed Johan Gustafsson, vrygelaat is. Gustafsson het ná sy vrylating McGown se familie besoek om hulle mee te deel dat McGown steeds lewe en gesond is.

Aan die begin van Julie het ʼn groep wat bande met Al-Kaïda het, ʼn video uitgereik as bewys dat ses gyselaars, onder wie McGown, nog leef.

McGown se vrylating kom egter te laat om sy ma, Beverly McGown, te groet. Sy is op 27 Mei in ʼn hospitaal oorlede. Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, het destyds gesê Beverly het jare lank elke dag gehoop dat Stephen vrygelaat sal word en dat sy hom vir oulaas sou kon sien voordat sy sterf.

Beverly het jare lank aan ʼn longsiekte gely en sy was die afgelope tyd in en uit die hospitaal namate sy al verder agteruitgegaan het. “Die angs en hartseer om vir haar seun se vrylating te wag het beslis ʼn impak op haar gesondheid gehad, daar is geen twyfel daaroor nie,” het Sooliman gesê.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Linette ·

@Sus, ag nee mens, moenie so negatief wees nie! Wees bly saam met die familie dat hy met sy gesin herenig is.

De Villiers ·

Dit was so onnodig. Ek dink ons is almal met bly en verlig oor sy vrylating. Die net jammer dat sy ma intussen oorlede is. Is die ander 5 gyselaars nie ook vrygelaat nie?

MissDemeanor ·

Fantastiese nuus! Gift of the givers verdien ook ‘n pluimpie vir hul werk om hom vrygelaat te kry.

Anton ·

…baie bly vir jou en jou familie en vriende se part…welkom terug…

Wern ·

Zuma kon dit baie vroeer gedoen het. Zuma se strategiese tydsberekening wat veroorsaakhet dat die man nie sy ma kon sien nie en dalk nog sy ma se dood veroorsaak het?

Linette ·

Nou waar hoor of sien jy Zuma het iets hiermee te doen gehad, Marius & Wern?

Cara ·

Dankie! Eks baie bly vir sy familie en vriende. ek hoop jys darem al op eie bodem. Okk n dankie aan almal wat gehelp het om sy bevryding te bewerkstellig. Seker gepas om te se….welkom terug.

wonder net ·

stem saam Marius, wonder net hoekom hul nooit laat hoor het van Andre du Randt en die saam hom “verdwyn” het in Irak nie

Bruno Stef ·

Merk my woorde al wat ANC kader of minister is sal nou persoonlik op die ” Bandwagon ” wil spring om gehoor te wil word BV ou Fikile wat so uitgesproke is.

Koos1 ·

Die rede hoekom Nkoana-Mashabane vaag was oor hoe presies hoe McGown se vrylating bewerkstellig is, is heel eenvoudig. Sy weet nie, want die regering het nie gehelp met die een nie. As julle ‘n antwoord soek gaan vra vir Gift of the Givers.

Liza101 ·

Ek is saam met julle bly vir die vrylating. Stephen se lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie, 6 jaar is ‘n ongelooflike lang tyd om weg van jou mense te wees. Baie sterkte!

Mel ·

Ek kry sommer ‘n knop in my keel, dis fantastiese nuus!!!! Dankie Jesus dat U hierdie man bewaar het. Al di lof en eer aan ons God.

Peanut ·

Dankie Liewe Jesus. Dink dit moet hel wees om so lank weg te wees van jou geliefdes. Baie sterkte met die pad vorentoe

Mike Kaapstad ·

Wat het hy daar gaan soek ? simpatie en dit kry hy nou…………

Linette ·

@Mike Kaapstad – hy het vakansie gaan hou. ‘n Bietjie irrasioneel en dalk waagmoedig, maar ‘n mens weet ook nou nie regtig wat sy belangstelling in dié verrinneweerde Moslem-gesinde staatjie is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.