Ontvoerde seun gevind

Kathlego Marite (Foto verskaf deur die SAPD)

Die tienerseun van Witbank in Mpumalanga wat Sondagmiddag ontvoer is, is gevind.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het bevestig Kathlego Marite (13) is ongedeerd gevind. “Hy is alleen aangetref in die omgewing van Witbank. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en in dié stadium kan ons geen verdere inligting oor die ondersoek bekend maak nie.”

Maroela Media het vroeër berig Marite se ouers het ʼn eis van die ontvoerders ontvang dat ʼn sekere aantal bitcoin-eenhede in ʼn spesifieke rekening inbetaal moet word voordat hul seun vrygelaat sal word.

Volgens mediaberigte het die ontvoerders 15 bitcoin geëis wat gelykstaande is aan ongeveer R1,48 miljoen. Hlathi wou egter nie vroeër die presiese bedrag van die losprys bevestig nie.

eNCA het ook berig Kathlego se ouers was nie eens bewus van die bitcoin-kriptogeldeenheid nie totdat die losprys geëis is.

Kathlego het Sondag omstreeks 15:30 saam met twee maats in Frangipanistraat in Tasbetpark, Witbank, gespeel. “ʼn Goudkleurige Toyota Corolla met drie insittendes het langs die seuns stilgehou. Een van die mans, in swart geklee en met ʼn groen baadjie, het die slagoffer gegryp en met hom weggery,” het die polisie vroeër gesê.

Kathlego se vriende het na sy ma toe gehardloop en vertel wat gebeur het. Sy het die voorval dadelik by die polisie aangemeld en ʼn saak van ontvoering is aanhangig gemaak.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Africa Nyathi te bel by 071 352 6007.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Ag dankie tog ek was regtig bekommerd oor die kind.

Nadia ·

Smaak my almal dink altyd die ergste. Baie bly die kind is lewend gevind

Liberaal ·

Ja Nadia, almal dink altyd die ergste, so al asof ontvoering nie erg genieg is nie? Volgens liberale waardes deesdae is moorde op bejaardes en ontvoering van kinders nie so erg nie, dis ons nuwe liberale agenda waarvolgens ons nou moet dink lyk dit my.

jaco ·

Eks regtig geskok oor sekere van hierdie kommentare. Dis sulke houdings wat maak dat plaasmoorde en aanvalle en moorde op wit bejaardes so min of meer deur ons swart owerhede geregverdig word. Asseblief mense, DINK voor julle allerhande nonsens as kommentaar hier plaas.

RHG ·

Ek voel soos jy Jaco. Mense se houdings is regtig nie altyd goed nie. Maak gevolgtrekkings en vel ‘n oordeel.
Toe die baba van Alberton ontvoer is, is onmiddellik aanvaar dat hy bedags by die
huishulp bly en die arme ma is veroordeel

daaroor. Hê tog net ruimte vir almal.

Ek is bitterlik dankbaar dat Katlego ongedeerd is – fisies ten minste.

Andrea ·

Waarvan praat jy? Ek lees al die kommentaar hierop as positief. Almal is verlig die outjie is gevind en hopelik heeltemal ongeskonde.

jaco ·

Hier was eers ‘n paar uiters lelike kommentare, maar maroela het dit verwyder.

DHK ·

Nee wat Jaco, jy is eerder die een wat moet dink voordat jy allerhande nonsens as kommentaar hier los.

Bos ·

Onvoerings gaan nog groot besigheid raak. Dis die volgende vlak van misdaad in enige land waar kriminele die septer swaai. Kyk maar net na Suid-Amerikaanse lande… Die met sakke vol geld moet nou al begin voorsorg tref in die vorm van lyfwagte.

Selfbeskikking ·

Jy is reg. Die land sink nou en ons moet of eie land voor onderhandel of ons gaan in massas gedwing word om te vlug wanneer totale chaos gaan uitbreek.

Tragies ·

Nadia, “smaak my” as enige kind ontvoer word, dink mens mos maar die ergste. Met reg.
Wat van daai Outistiese dogtertjie wat dood gevind is by Mamelodi rivier?
Enige nuus daaroor?
Gelukkig is die seun gevind! Dankie,Here!

Liberaal ·

Nee Tragies, lyk my ons voorskrifte vir liberale denke bepaal nou dat ontvoering van kinders nie erg is nie. Ai ons liberale denkmeesters maak my deesdae deurmekaar, ek weet nie meer wat ek deesdae moet dink nie.

Charlene ·

Hoe is niemand nog inhegtenis?? Mens kan net jou jou kniee gaan en se dankie Vader. Die arme kind deur watse vrees moes hy nie net gaan nie. Sulke mense wat kinders leed aandoen hoort nie in ons samelewing nie. Ek bid vir hom en sy ouers want dis n seer en n vrees wat bly. Dankie jy is veilig seun.

Penellope Jones ·

Goeie nuus – bly hy is ongedeerd gevind!
Hoop nou net die ontvoerders word ook gevind en word gestraf.

Samstaan ·

Ons miet almal saamstaan om misdadigers uit ons lamd weg te dryf. Hulle neem ons land oor.

TDW ·

Baie dankbaar vir hierdie goeie nuus. So bly jy’s terug seun!

Jakalas ·

In die tyd waar mens nie meer hoop het dat so iemand lewend weer gesien gaan word nie, is hierdie baie goeie nuus. Wens meer van die sake eindig op ‘n goeie noot, maar ongelukkig is nie alle slagoffers so gelukkig nie. Baie bly hy is veilig.

lee ·

Ek is bly die outjie is ondedeerd gevind.
Maar hoekom ruik ek ‘n ROT met hierdie ontvoeringsaak ??
Hoop maar ek is verkeerd..

madels ·

O ek loof die Here vir die goeie nuus. Ek het sooo gebid vir Kathlego. Dankie Here, baie dankie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.