Ontvoerde seun gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 12-jarige seun wat in Lenasia, suid van Johannesburg, ontvoer is, is gevind.

“Die 12-jarige seun is veilig gevind,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. Die seun is Vrydagmiddag ontvoer toe hy teruggekeer het van die skool af. ʼn Persoon het later die seun se ouers gebel en ʼn losprys geëis vir sy vrylating.

“Die man het besef daar word na hom gesoek waarna hy die seun vrygelaat het. Die seun is in Lenasia gevind terwyl hy besig was om huis toe stap,” het Makhubela gesê. Die polisie is intussen steeds besig om die seun te ondervra ten einde meer inligting te kry oor presies wat gebeur het.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.