Ontvoerde skoolmeisies: NUM vra ondersteuning vir families

nigerie ontvoering bring back our girlsDie National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag versoek dat die families van die meer as 200 skoolmeisies wat deur ekstremiste in Nigerië ontvoer is, ondersteun sal word.

“Ons doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering, godsdienstige groepe, die Congress of SA Trade Unions, en nie-regeringsorganisasies om kragte saam te snoer en die betrokke families te ondersteun,” het Frans Baleni, NUM se hoofsekretaris, in ‘n verklaring gesê. “Ons moet hulle pyn kan indink. Dink jouself in as dit jou kind was wat ontvoer is.”

Die skoolmeisies is op 14 April van hul skool in Chibok in Nigerië ontvoer en is nog nie gevind nie. Boko Haram, ʼn Islamitiese groep, het reeds verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoering.

Nog 11 meisies is Sondag ontvoer.

“NUM doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om hierdie barbare te beveg wat probeer om kinders se toegang tot onderwys te ontneem,” het Baleni gesê.  “Boko Haram” beteken “westelike opvoeding word verbied”.

Baleni het gesê dit is hartseer dat godsdiens misbruik word om mense te terroriseer en te ontvoer. – SAPA

Lees ook:
Video: Skoolmeisies ontvoer: Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.